Beesbeoordelingskursus

MIDDIES bied ’n beesbeoordelingskursus aan vir die landbouleerders

'n Junior Beesbeoordelingskursus is op 17 en 18 September op Middies se plaas aangebied in samewerking met die Simmentaler beestelersgenootskap.  Die graad 11 Landboubestuurspraktyke leerlinge het dit bygewoon.  Leerders het dit geweldig leersaam gevind en baie geniet.  Die kursusaanbieders was Mnre Willie O'Brian, Willem Volschenk en Pieter Oelofse.  Dag 1 het leerders teoretiese opleiding gehad waarna hul 'n praktiese oefening op Middies se plaas gedoen het.  Op 18 September het hul Jors Simmentalers van mnr Stefaans Botha besoek waartydens beoordeling en eksaminering gedoen is.  Al die leerders slaag die kursus en 4 leerders behaal A simbole.