MHS 2015 Matriekuitslae

MHS se 193 matrieks wat die NSC eksamen afgelê het in Nov. 2015 het verwagtinge oortref deur ’n slaagsyfer van 99.48% te behaal. Een leerder kwalifiseer vir die hereksamen in Maart 2016. Indien hierdie leerder dan die vakke sou slaag, sal die ideaal van 100% bereik wees.

MHS spog met 154 A-simbole, 275 B’s, 353 C’s, 345 D’s, 170 E’s, 58 F’s en slegs 9 G’s.

Wat vakgemiddeldes aanbetref is Drama los voor met 76.5%, gevolg deur Religiestudies met 73.44% en Afrikaans Eerste Addisionele Taal met 73.1%.

Ander vakgemiddeldes is as volg:

Afrikaans Huistaal 60.54%; English First Additional Language 64.6%; English Home Language 66.85%; Wiskunde 60.24%; Wiskundige Geletterdheid 63.94%; Geografie 65.79%; Lewenswetenskappe 55.63%; Fisiese Wetenskappe 53.02%; Gasvryheidstudies en Toerisme spog albei met meer as 61% gemiddeld.

Middies se twee Landbouvakke staan ook glad nie terug nie met gemiddeldes van 59.31% (Bestuur) en 59.03% (Tegnologie).

Toppresteerders is Schalk van der Merwe met 8 A’s (85.9% gemiddeld), Rudolph Backer, Mbuso Mahlangu, Suné Mostert, Megan Potgieter en Marizel Scheepers met 6 A’s elk, Dheeya Rampersad en Anke Theron met 5 A’s elk, Thiané Jansen van Nieuwenhuizen, Marili Benadé, Joshua Mey en Suné Smit met 4 A’s elk, en Charné du Preez, Anneri Kapp, Thulani Mthombeni, Elani Nell, Tsholofelo Sekati en Jeané van Dyk met 3 A’s elk.

114 van MHS se 193 leerlinge – 59,07% – kwalifiseer vir Bachalareusstudies aan universiteite van hul keuse, 77 (39.9%) kwalifiseer vir Diplomastudies aan ander tersiêre instansies, en slegs 1 (0.52%) behaal die Hoër Sertifikaat sonder om te kwalifiseer vir verdere opleiding.

Ons wil hierdie leerlinge gelukwens met puik prestasies. Ons glo ’n goeie grondslag is gelê sodat hulle vir hulself ’n blink toekoms kan bou.

Baie dankie aan toegewyde, lojale, hardwerkende onderwysers wat vir 5 jaar energie in hierdie leerlinge belê het om hul aan te spoor na hoër hoogtes en beter prestasies.

Middelburg Hoërskool het weereens bewys dat die instelling ’n puik akademiese skool is wat met die beste vergelyk kan word.