Kultuur

Blyspel - Die Eeufeesraaisel

Deur Talja Beyers

Flitsende ligte! Kleurvolle kostuums! Sangstemme wat die oor streel! 'n Storie so reg uit die pen van 'n wenner ... oorverdowende applous! Dit is die wenresep vir Middies 2018 se Blyspel - Die Eeufeesraaisel.
148 dansers, 26 sangers en 13 akteurs het vir drie maande lank geoefen om hierdie jaar se Blyspel op die planke te bring.
Die Eeufeesraaisel, geskryf deur Elsa Kleynhans Siebert (voormalige hoofdogter van MHS), gaan oor leerders wat raaisels aanpak wat al vir ‘n eeu in die skool is. Die skat wat hulle vind, word gebruik om die skool uit sy finansiёle verknorsing te help.
Meer as ‘n 193 leerders en ‘n handjievol volwassenes se bloed, sweet en trane is in dié Blyspel ingesit. Drie maande van harde oefening het gesorg vir ‘n skouspel vanaf 21 tot 26 Mei.
Om in ‘n skoolsaal op die vloer te sit en huiswerk doen, is nou nie juis maklik as jy elke paar minute moet opspring om ‘n paar danspassies uit te voer nie! Alhoewel dit ‘n moeilike drie maande vir dié kinders moes wees, was dit sekerlik die moeite werd met elke aand se saam sing, dans en toneelspeel wat beloon is met luide applous.
MHS het elke twee jaar ‘n blyspel wat ons elke keer verras met die nuwe talent, pragtige kostuums en uitstekende dialoog.

MHS Blyspel 2018 026 Medium

Mishke Bruwer en JP Koekemoer.

MHS Blyspel 2018 240 Medium

Chané Vandenbrouck, Brady Welthagen, Heleen du Toit en Selma van der Merwe.

MHS Blyspel 2018 341 Medium

Tarryn Muller en Brett Hanay.