middies sport

Seunshokkie

Middies Seunshokkie Logo Groen

MIDDIES neem deel aan die PUK Super 16 Reeks, daarna speel ons in die Mpumalanga Makroskole-liga gevolg deur die Noordvaal uitspeelwedstryde. Middies-hokkie is 'n krag om mee rekening te hou, soos wat die vele Noordvaal finale getuig.

0/16A-seunshokkiespan is Noordvaalwenners

IMG 20170805 WA0027 Medium

Noordvaalwenners 0/16A. Voor: Jacques Joubert. Eerste ry: Janco Scheepers, Ewalt Steenkamp, Keagen Venter, Kevin Santos, Vincent Mostert en Thabang Mogadima. Tweede ry: Edward van der Wal, Dirkse Steenkamp, PW Jansen, mnr. Buks van Staden (afrigter), Kyle Christie, Jean-Pierre Grobler, Dihan Kruger, Donovan Santos, Pierre Immelman en Calvin Scott.

Deur Matthys Taljaard

Die 0/16A-seunshokkiespan het hierdie jaar gewys wat Middieguts is en hulle afrigter, mnr. Buks van Staden, het breëbors geglimlag. Hulle spog met ‘n rits oorwinnings. In die Puk Super 16-reeks eindig hulle eerste. Daarna is hulle ligawenners en uiteindelik Mpumalangawenners. Hierdie span het die skool oneindig trots gemaak toe hulle as Noordvaalwenners uit die stryd tree. Uit hierdie seuns word die volgende ses spelers in die Mpumalangaspanne opgeneem: Vincent Mostert, Kevin Santos, Donovan Santos, Kyle Christie, Thabang Mogadima en Dihan Kruger.
Die seunshokkie eerstespan is die afgelope drie jaar deur mnr. Coena Swart afgerig. Onder sy leiding het hulle groot hoogtes bereik en verskeie trofeë verower. Die afgelope jaar is nie minder nie as 120 doele deur hierdie span aangeteken en slegs 14 doele in totaal afgestaan. Ons kan nie anders as om die doelwagters, Dante Clark en Neil Scott, ‘n pluimpie toe te swaai nie.
Die “Dream Team” is tans 23ste in Suid-Afrika volgens die Belgotex se ranglys. Die volgende toernooie is in 2017 deur die eerstespan gewen: York toernooi, Pukke Super 16, Ligawenners en Mpumalangawenners. Die span het ook aan die Noordvaal uitspele deelgeneem en eindig algeheel vierde.
Hierdie puik prestasies bewys dat Middelburg Hoërskool nie verniet bekend staan as die hokkieskool in Middelburg nie.

Argief

Seunshokkie bly wenners

Seunshokkie spanfoto Medium
Voor: Marco Pretorius, Migael Henning, Marno Dooge, Aiden Vandenbrouck, Anro Scheepers. Middel: Andrew Martin, Alec Jordaan, Rudolf Kruger (kaptein), Armand Erwee, Jaco Fraser. Voor: Mnr. Michael van den Ahee (afrigter), Danté Clark, Craig Russel, Robert du Toit, Marco Williams, Danny de Jesus, mnr. Coena Swart (afrigter).


Seunshokkie in MHS is beslis altyd ‘n hoogtepunt. Die 0/14-seuns word deur mnr. Pierre Wilke afgerig en is ligawenners vir die jaar. Die provinsiale proewe is ook agter die rug en nie minder nie as vier van die 0/14-seuns is vir die Mpumalangaspan gekies. Hulle is: Donovan Santos (0/14A), JP Pretorius, Keagan Venter en Kelvin Scott (0/14B). Hierdie seuns was verder op toer in April na Bloemfontein waarna drie spelers in die Nederlandspan opgeneem is. Hierdie span sal einde September na Nederland vertrek waar hulle teen ander spanne op internasionale vlak sal meeding.

Die 0/16-seuns, onder leiding van mnr. Gerrie Kasselman, deel ‘n eerste plek in die Super 16-reeks. Die 0/16’s was April op toer, ook na Bloemfontein, waar vier Middies in die Nederlandspan opgeneem is. Twee spelers van hierdie span, Kevin Santos en Thabang Mogadima, is ingesluit in die Mpumalangaspan. Hierdie span was ook Mpumalangawenners en gaan as nr. 1 deur na die Noordvaal uitspele.

Ons eerstespan, onder mnr. Coena Swart, vorder tot ‘n algehele 2de plek in die Super 16-reeks en is ook wenners in die liga. Twee spelers word in die provinsiale span opgeneem: Rudolf Kruger en Craig Russell.

Hoogtepunte van 2015

16A seunshokkie Medium

Seunshokkie speel ‘n bars hou

Deur Matthys Taljaard

HOKKIE kan maar in hoofletters geskryf word, want die jaar 2015 het met mening begin. 

Mnr. Buks van Staden rig die 0/14-seuns af en hulle speel sommer van vroeg af ‘n bars hou. Saam met die 0/16’s speel hulle dan ook in die semi-finaal van Mpumalanga in Nelspruit - dit gebeur op die 16de Junie.

Die 0/15-seuns (onder die bekwame leiding van mnr. Gerrie Kasselman) is amptelik die skool se 0/16-verteenwoordigers in die Super 16-reeks, terwyl die 0/16’s (met mnr. Coena Swart as afrigter) as eerstespan (dus 0/18) in ‘n ander streek speel.  Baie ingewikkeld, maar só word verseker dat elkeen (spanne én spelers) genoeg speelkans kry! 

Seunshokkie

Voor: Iain Zwart, Jopie Kühn, Marcel Dique (kaptein), Gerrit du Toit (onderkaptein) en Miquel Pieters. Agter: SJ Bester, Hendrie Cloete, Christiaan Diedericks, Danny de Jesus, Joshua Wasserfall, Pieter van der Merwe, Innes Bosman, Wihan van Schalkwyk en Denton Cant.
Mnr. Gerrie se span vaar skitterend onder sy kennershand en voltooi hul Super 16-reeks in die vierde plek. Mnr. Coena se span neem hier net vriendskaplik deel. Hierdie seuns neem huidiglik deel aan die Highveld Pro Men Series.

Ons eie 0/18’s (hier is mnr. Jan Naudé in beheer) is  nog steeds ons amptelike eerstespan en speel dan ook as MHS se 0/18’s  in die Super 16-reeks.  Hulle vaar baie goed en eindig algeheel derde, nadat hulle Zwartkop wen in Potchefstroom.

Al die spanne (met die uitsondering van die 0/14’s) was ook op toer - die 0/15- en 0/16-seuns was in Bloemfontein tydens die Aprilvakansie. In  Bloem is daar vele wedstryde gespeel - die 0/15’s vaar weereens goed en eindig tweede.  Die 0/16’s spog met ‘n  agste plek (puik gedoen soos gewoonlik – onthou, dis 0/16-seuns wat teen 0/18’s meeding).  Die 0/18’s was in Pretoria waar hulle deur kundiges touwys gemaak is. Hulle eindig uiteindelik derde met die toernooi. Almal het baie geleer, baie gespeel, baie gekuier en baie min geslaap.

Die volgende seuns word in die Mpumalangaspanne opgeneem: 0/18: Danny de Jesus. 0/16: Marno Dooge, Rudolf Kruger, Dante Clark, Aiden Vandenbrouck en Anro Scheepers. 0/14: Kevin dos Santos, Thabang, Kyle Kirstie en Vincent Mostert.

Baie geluk aan elke seun. MHS is saam met julle trots op hierdie puik prestasie.