Koshuis

Koshuis

Middelburg Hoërskool besit twee koshuise, een vir meisies (DENNE) en een vir seuns (EXCELDA). Vir leerders wat ver bly of ander wat propvol skool- en sportprogramme het, is dit 'n tweede tuiste.

Dit verskaf ook oornagverblyf aan leerders wat soms tot laataand met sport- en of kultuurbedrywighede besig is. Inwonende onderwysers doen diens, hulle sorg dat leerders onder toesig hul huiswerk doen. Daar is ook 'n naskoolsentrum waar leerders daagliks tot 17:00 van die koshuisfasiliteite mag gebruik maak.

Koshuislewe

Leerders bly op die skoolterrein in pragtige, netjiese en veilige koshuise met ’n huislike atmosfeer. Die inwonende onderwysers dra elke leerder se belange op die hart en toesig word nougeset toegepas. Gebalanseerde, voedsame etes dra by tot die geluk van elke groeiende Middie. Geen klagtes oor tradisionele “koshuiskos” word gekry nie, kinders staan tou vir “seconds”, so lekker is dit. Denne en Excelda is vir baie leerders ʼn veilige tuiste.

Koshuisvaders

Diensdoenende personeel: DENNE

Diensdoenende personeel DENNE
Janneke Williams, Stoffelien Coetzee, Ronél Viljoen, Hanlie Potgieter

Diensdoenende personeel: EXCELDA