Kultuur

Middies got talent

Middie-sterre skitter by Middies got talent

MHS Middies got talent 2017 039 Medium
Deur Daniëlle de Beer
Elke tweede jaar het MHS sy eie “Middies got talent” waar al die Middie-sterre hulle talente met die res van die skool en gemeenskap kan deel.
Vanjaar het die talentvolle deelnemers weereens hulle stergehalte gewys en die volgende leerders word aangewys as wenners in die onderskeie kategorieë.
Fotografie: 1. Engela Volschenk  2. Dehan Krügel  3. Elzani Cilliers
Visuele kuns: 1. Thumelo Limba  2. Merinus Labuschagne 3. Carla Neveling    
Sanggroep (Duet): 1. Dewalt Lindeque, Daniëlle de Beer en Janke Botes  2. Brett Hannay en Tarren Muller  3. Natasha Zaaiman en Michael Mouton
Sangsolo: 1. Natasha Zaaiman  2. Daniëlle de Beer  3. Alexa du Toit
Sang met begeleiding: 1. Michael Mouton  2. Smiley Modiso, Jandré en Natasha Zaaiman  3. Carl Kitshoff
Creative writing (Home language): 1. Brett Hannay 2. Nicole Gerritz  3. Michaela Koen
Creative writing (First additional language): 1. Elzandé Fouché  2. Estiaan van Aswegen  3. Ronet Viljoen
Skryfkuns: 1. Hestie Botha  2. Janke Botes  3. Greta Kurpershoek
Instrumentaal: 1. Milton Nkambule  2. Greta Kurpershoek 3. Greta en Willem Kurpershoek
Drama: 1. Elsje-Mari Breytenbach  2. Etric Swart  3. Hans Coetzee
Dansgroep (Duet): 1. Superheroes  2. Alri Greyling en Dehan Krügel.
Danssolo: 1. Brady Welthagen  2. Heleen du Toit  3. Tamicke Clark
Middies is baie trots op  hierdie pragtige prestasies. Mag julle sterre nog lank skitter op die verhoog.

Afrikaans Huistaal Wenopstel by Middies got talent

Hestie Botha het die wenopstel geskryf in die kategorie “skryfkuns”. Onafhanklike beoordelaars het die skryfstukke beoordeel. Hestie is ‘n gr. 12-leerder.
Ek dra die wêreld in my fyn, brose hande.
Pleit dat dit eerder op my skouers gesit sou word.
Dag na dag raak die las swaarder, groter...
My vingers kan nie meer, soos altyd,  óm my wêreld krul om te verseker dat ek ‘n stewige greep het nie.  Ek is besig om beheer te verloor...
Boetie se hartseer, vraende vier-jaar-ogies maak die las swaarder.  My pa se dood maak die las ondraaglik!
My ma gee voor en gaan aan asof die ongeluk nooit gebeur het nie!  Sy gaan aan asof sy oormôre weer gaan loop,  maar in haar droewige, moeë stem kan ek hoor hoe sy opgevreet word van binne af.
Haar willose bewegings en emosielose uitdrukkings wanneer sy dink ons kyk nie, verswak my greep.  Sy verswak my greep elke keer wanneer ek in haar rigting kyk.
My palms is nie breed genoeg nie,  my vingers is nie lank genoeg om alles bymekaar te hou nie.  
Ek verloor beheer.
Die wêreld groei...
word swaarder...
 My gewrigte breek!
Maar Mammie gewaar my lyding. Sy help my om die las op te tel.  Om myself op te tel.  Sy versorg my gewrigte en sit die las dié keer op my skouers.
Sy praat vir die eerste keer met my -  oor die ongeluk en oor Pappa se dood.  Terwyl ons in die kombuis sit en huil oor ons groot verlies,  kan ek voel hoe daar klein deeltjies van die grote las losraak...
Tyd maak heel en soos dit aanstap, verstaan Boetie se vraende oë.  Die onvermydelike vrae oor waar Pappa is, steek soos ‘n lem in my,  maar raak minder.  My ma se gille in haar slaap gebeur deesdae selde.  Die las op my skouers word nou ligter.
‘n Jaar ná die ongeluk druk die las nie meer my skouers af nie.  Ek kan my kop oplig en regop loop.  Die Here het my las laat oplos en Hy hou nou my hele wêreld in my hand.
My hande is nie meer fyn of broos nie.
My hande is sterk.

Argief

Middies Got Talent 2017

Middies kan! Baie geluk aan die leerders wat so mooi presteer het! Hiermee die uitslae:

SKRYFKUNS - AFRIKAANS
2de-Greta Kurpershoek
2de-Janke Botes
1ste-Hestie Botes

CREATIVE WRITING - HOME LANGUAGE
3de-Michaela Koen
2de-Nicole Gerritz
1ste-Brett Hannay

CREATIVE WRITING - FIRST ADDITIONAL LANGUAGE
3de-Ronet Viljoen
2de-Estiaan van Aswegen
1ste-Elzandé Fouché

FOTOGRAFIE
3de-Elzani Cilliers
2de-Déhan Krugel
1ste-Engela Volschenk

VISUELE KUNS - SENIOR
4de-Samantha van der Vyver
3de-Carla Neveling
2de-Merinus Labuschagné
1ste - Thumelo Limba

INSTRUMENTAAL
3de-Greta en Willem Kurpershoek
2de-Greta Kurpershoek
1ste-Milton Nkambule

DRAMA
3de-Hans Coetzee
2de-Etric Swart
1ste-Elsje-Marie Breytenbach

DANSGROEP/DUET
2de-Alrie Greyling en Déhan Krugel
1ste-Suzelle, Alrie, Heleen, Selma, Charné en Janke

DANS SOLO:
3de-Tamicke Clark
2de-Heleen du Toit
1ste-Brady Welthagen

SANGGROEP / DUET
3de-Michael Mouten en Natasha Zaaiman
2de-Tarren Muller en Brett Hannay
1ste-Dewalt, Janke en Daniëlle

SANG MET BEGELEIDING
3de-Carl Kitshoff
2de-Smiley, Jandré en Natasha
1ste-Michael Mouton

SANG SOLO
3de-Alexa du Toit
2de-Daniëlle de Beer
1ste-Natasha Zaaiman

What is talent

By Courtney Strydom

It is a natural aptitude or skill. No need to watch Britain’s Got Talent anymore, because it is on your doorstep right at Middies, live. Categories that were portrayed this year were singing (solo and duet), dancing (solo and group), drama, instrumental, photography, poetry and art. Semi-finals were held on 25-26 May. Finals were held on the 28th of May.  Cash prizes were given away for each category winner.

Middies got talent 2015

Middies het hulself weereens oortref met ongelooflike talent by 2015 se Middies got talent. Hul het gesing, gedans, ge-dig, instrumente bespeel, gepraat, geteken, gekook en ook foto's geneem. Hul het die gehoor vermaak met items uit die boonste rakke. Die pryswenners het boonop weggestap met stewige kontantpryse. 



Middies kan! Baie geluk aan die leerders wat so mooi presteer het! Hiermee die uitslae: 

Skryfkuns:
3de-Elzeth Steenkamp, Louise Volschenk & Suné Smit
2de-Li-Mae Scholtz
1ste-Hendrik Rossouw

Fotografie:
2de Rickus Prinsloo
1ste-Carl Kitshoff

Visuele Kuns:
3de-Millizane du Toit
2de-Elzandi Fouché
1ste- Kamogelo Kuali

Instrumentaal:
3de-Nicolo Hartslief
2de-Amber Hartslief
1ste-Greta Kurpershoek

Drama:
3de-Millizane du Toit
2de-Ranet Viljoen
1ste-Elani Nel

Dansgroepe:
3des-Sugar Sugar
2des-007
1ste-Miquel & Zanika

Sang-Duet:
3de-Dewalt & Alexa
2de-Jenna & Michael
1ste-Brett & Tarryn

Dans-Solo:
3de- Suné Kruger
2de- Caylee Hannay
1ste- Janke Botes

Seuns Sang-Solo:
3de- Waldo van Rooyen
2de- Carl Kitshoff
1ste- Michael Mouton 

Dogters Sang-Solo:
3de- Basetsana Limba
2de- Danielle du Toit
1ste- Elani Nell

Beoordelaars toekenning-Drama Groep: 
Lerisha Whitlock en Jandré Greyling

Spesiale Toekenning:
Musikale Poësie- Ryan & Michaell