Kultuur

Middies se mooistes gekroon

Deur Kyra Erwee

Hoërskool Middelburg het weereens bewys dat die skool nie net Middie-guts het nie, maar ook Middie-glamour. Met betowerende dekor, beeldskone finaliste en uitstekende organisering, was Mnr. en Mej. MHS 2018 beslis ‘n wenner op die skool se kalender.
’n Mens kan nie anders as om ‘n paar bekwame beoordelaars en skreeusnaakse seremoniemeesters in die mengsel van sukses te gooi nie. Bouwer Bosch en Bennie Fourie was vanjaar deel van die span wat hierdie aand onvergeetlik gemaak het.
“Ek was al ‘n paar keer by ‘n funksie by Middelburg Hoërskool en elke een was ‘n sukses. Ek love die skool,” het akteur en sanger Bouwer Bosch van Middies gesê.
Daar was ’n nuwe afdeling naamlik die Publieke Keuse-afdeling. Hier het die publiek op Facebook gestem. Na ‘n moeilike besluitnemingsproses, is die wenners gekroon.

9 Medium

Wil-Mari Botha en Stephan van Deventer is die Facebook-paartjie.

Janke Medium

Janke Botes is die meisie wat die meeste stemme op Facebook gekry het.

Thomas Medium

Thomas Wheeler is die seun wat die meeste stemme op Facebook gekry het.

mnr en mej MHS 2018 024 Medium

Mej. Mini Tiener se wenners is Motheo Mohlomonyane, Marli Botha en Jané Curlewis.

mnr en mej MHS 2018 026 Medium

Mnr. Persoonlikheid se wenners is Stian Vermeulen, Ben Jansen van Vuuren en Lehan van Aswegen.

mnr en mej MHS 2018 036 Medium

Mej. MHS se wenners is Alexa du Toit, Wilna Steenkamp en Nerissa Pelimpasakis.

mnr en mej MHS 2018 045 Medium

Mnr. Macho se wenners is PJ Linde, Kyle Hambidge en Hilton Jacobs.