Fasiliteite

MSSI

Middies Sport Spesifieke Instituut

12642686 10208737478580191 8244494403232767602 n

MHS se sportkondisionering gaan nou uit 'n wetenskaplike oogpunt benader word. Alle sport, hetsy individueel/ spansport, moet van ’n ordentlike periodiseringsprogram gebruik maak.

Sekere aspekte soos spoed/ratsheid/krag/aӫrobiese uithouvermoӫ moet op sekere tye van die seisoen aandag verg. Dit gaan die mikpunt wees van die instituut. Die oorhoofse doelwit van die instituut is om kinders volgens hulle chronologiese ouderdomme te ontwikkel op 'n manier waarop hulle liggame dit kan hanteer.

MSSI gaan spesifiek met die leerders werk om hulle optimale kragte te ontwikkel vir elke spesifieke sportsoort.

Hier in Middieland woeker ons sportmanne (en dames) met al hulle talente en sorg dat die medaljes en trofeë die een na die ander ingepalm word. Maar wie werk agter die skerms om hierdie prestasies moontlik te maak? In die eerste plek beslis entoesiastiese afrigters. Hulle hand word gesterk deur die nuwe sportsentrum by Middies, die MSSI.

Die MSSI, hoewel nie enig in sy soort nie, is uniek in die skolestelsel en MHS is die eerste skool in die dorp wat kan spog met so ‘n unieke program.

Die MSSI (Middies Sport Spesifieke Instituut) is geskep deur me. Magda Nieuwoudt. Sy het ‘n visie gehad vir die opbou van die skool se sportlui en het dit haar missie gemaak om deur dié program sportmanne op te bou in hulle spesifieke sport en hulle hierdeur te motiveer om hulle beste prestasies te lewer. Die MSSI is gerig om die prestasies in sekere sportsoorte te verbeter deur na teikenspiere te kyk en dit te oefen en ook jou liggaam so te oefen dat jy in jou sport na die beste van jou vermoë kan presteer.

Hierdie sentrum moet ook nie verwar word met ‘n gimnasium nie. Die MSSI is anders as ‘n gimnasium aangesien dit nie net fokus op spierbou en gewigte nie, maar elke liggaamsdeel oefen. Dit help jou om só te oefen dat jy eerste jou eie liggaam kan hanteer en daarna stel dit jou in op die spesifieke sportsoort en sodoende help dit jou om jou prestasie in sport te verbeter. Dit mag selfs lagwekkend klink, maar by die MSSI oefen mens selfs jou groottoonspiere sodat jy vinniger kan hardloop.

Deelnemers wissel van rugbyseuns tot skuts. Jy hoef ook nie aan sport deel te neem om by hierdie program in te skakel nie.

Die MSSI het al reeds talle leerders en spanne gehelp om hulle eie prestasie te verbeter. Daar wag ‘n blink toekoms vir al ons sportsterre wat hulle verbind tot die oefenprogram by die MSSI.

Vir enige navrae rondom die instituut stuur 'n e-pos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


MSSI Logo