Mense

Personeel

Staff group INFORMAL Large
 

Hoof

Personeel 201819 Large
Johan Stronkhorst trotse skoolhoof sedert 2000.

Mnr.  Stronkhorst – wie is hy regtig?
Deur Claudia Groenewald

Ons ken hom as “Mnr. Stronkie” - ‘n gawe en vriendelike meneer wat almal op die naam groet met ‘n glimlag. Maar wie is hy regtig, wie skuil agter daardie breë glimlag, wat maak hom so geliefd onder leerders en onderwysers? Die Rissiepit het ‘n paar vrae aan hierdie gewilde skoolhoof van Middelburg Hoërskool gevra.

Wat het Meneer geïnspireer om ‘n skoolhoof te word?
Kinders het my geïnspireer – en die geleentheid om in hulle lewens ‘n verskil te maak.

Waar is Meneer gebore en hoe was Meneer se lewe as ‘n jong kind?
Ek is gebore in Pretoria, het in Kroonstad grootgeword en daarna Johannesburg toe verhuis en daar gewoon tot op 18-jarige ouderdom.

Wie is Meneer se gunsteling rugbyspan en rugbyspeler?
Ek is ‘n vurige Cheetah-ondersteuner en Marcel Coetzer my gunsteling speler.

Wat is Meneer se idee van ‘n romantiese tyd saam met Meneer se geliefde?
Om by St. Luciameer te wees teen sononder met ‘n glas goeie wyn, kaas, beskuitjies en mossels, en om te luister na die seekoeie en die krokodille in die agtergrond.

Is Meneer ‘n diereliefhebber?
Ja, ek is. Ek gaan stap graag smiddae met my drie brakke.

Waar gaan hou Meneer graag vakansie?
Ek hou daarvan om gereeld nuwe plekke te besoek. Tussen die bosveld en die see ontspan ek altyd baie lekker.

Wat doen Meneer graag in Meneer se vrye tyd?
Ek hou van visvang en jag.

Indien Meneer ‘n gunsteling fliek het, wat is die fliek se naam? Wie is Meneer se gunsteling akteur/aktrise?
My gunsteling fliek is “On Golden Pond” en my gunsteling aktrise is Meryl Streep.

Indien Meneer een wens kon maak, waarvoor sou Meneer graag wens?
Vir gesondheid!

Ten slotte laat Mnr. Stronkhorst ons met die volgende gedagte: “Mag hierdie uitgawe van ‘Die Rissiepit’ al die Middies laat besef hoe bevoorreg ons is. Mag dit dié wat reeds hulle kant bring en ook dié wat nog bietjie lyf wegsteek, inspireer om net hulle beste te lewer!”

 

Adjunkhoofde

Personeel 201820 Large

Bestuurspan

Personeel 201821 Large

Afrikaanse Departement

Personeel 2018 Afrikaans Large

Daar is geen beter eienskap as om ‘n goeie woordeskat te hê nie. Dit is een van die vele dinge wat ek in Afrikaans as vak geleer het. Hierdie periode pak ek met plesier aan, want ek leer elke dag iets nuuts. Dink net hoe groot sou die vernedering wees as ek “op pad” en “huis toe” steeds as een woord sou skryf. Ek moedig elke leerder aan om hierdie vak ten volle te benut en te geniet. Onthou, soveel tale as ek kan, soveel male is ek man. – Pauli Verwey, gr. 12
Woorde kan gesprekke en boodskappe ophelder, ‘n glimlag op iemand se gesig sit en harte warm maak – Afrikaans leer my hoe om dit te doen. – Hestie Botha, gr. 12

English Department

Personeel 20189 Large
English is the most important subject at MHS. With an interesting curriculum and competent teachers that are passionate about the English language there is no better place to learn English as subject than at MHS. It’s no secret that the world is predominantly English and I can certainly say that when I leave school I’ll be able to face the world with a grin and greet it with the utmost confidence in English.  – Jan-Adriaan Naudé, gr. 11

Wiskunde Departement

Personeel 20183 Large
Personeel 201825 Large

Wiskunde is soos ‘n langdeelsom. Of dit nou faktorisering, euklidiese meetkunde of trigonometrie is, elke DEEL is vir jou ‘n uitdaging. Tog lê daar ‘n salige bevrediging in elke MAAL wat jy ‘n probleem oplos. Hoe meer jy van Wiskunde ontdek, hoe meer kan jy die aantal onbeantwoorde vrae van die raaisel van die lewe AFTREK. Ten einde is Wiskunde pret, maak dit vir jou deure oop en ontwikkel dit jou denke. Wiskunde leer jou dat daar vir elke probleem ‘n antwoord is. – Greta Kurpershoek, gr. 10

Wetenskappe Departement

Personeel 201810 Large

Wetenskap vereis baie fokus, selfmotivering en pligsgetrouheid. ‘n Wetenskapstudent moet soos ‘n waterstofatoom wees. Daar is altyd die uitsondering op die reël.
Ek geniet die vak omdat dit my daagliks uitdaag om buite die platboomfles te dink. Ek let op in die klas en Middies se wetenskaponderwysers is die bunsenbranders wat die liefde vir die vak aan die brand hou. Ek is nie mal oor wetenskap omdat ek geniaal is nie, maar eerder omdat ek lank met probleme kan sit en worstel. ‘n Belangrike ding om in gedagte te hou is dat jy nie probleme kan oplos met dieselfde denkwyse as waarmee jy dit geskep het nie.  ‘n Persoon wat dus nie die waagmoed het om iets nuuts te probeer nie, begaan nooit ‘n fout nie en ontdek nooit iets nuuts nie.
Logika sal jou van punt A na punt B neem. Verbeel jou jy is ‘n waterstofatoom en wees die uitsondering. Wonder en droom oor die klein dingetjies wat tot nuwe ontdekkings kan lei omdat jy as leerder wetenskap se toekoms is. –Liz-Mari Lombard, gr. 10

Inligtingstegnologie (IT) en Rekenaarstoepassingspraktyk (CAT)

Personeel 201811 Large

Ons lewe in die tegnologiese era. In alle beroepe sal mens met ‘n rekenaar moet werk. En indien jy RTT (Rekenaar Toepassingstegnologie) of IT (Inligtingstegnologie) as vak by die skool neem, moet jy maar weet dat jy al jou maats (en huismense) met hulle rekenaars moet  help. In die IT-klas val die fokus op programering en in RTT is die fokus op die werking van die rekenaar. Beide vakke is nogal moeilik, maar hier by Middies het ons uitstekende onderwysers wat die angel uit die vak haal. –Thea Uys en Christiaan Bezuidenhout, gr. 11

Kunste en drama Departement

Personeel 20184 Large
Die Dramatiese Kunste as agtste vak is net nog ‘n geleentheid vir Middies om hulle passie uit te leef. Alhoewel dit as ‘n agtste vak aangebied word, is daar heelwat leerders wat dit neem. Die een week behandel ons die interessante geskiedenis van teaters, dramaturge en akteurs. Die volgende week is dit tyd om ons kreatiwiteit na vore te bring in die vorm van opvoerings. Ons is ook geseën met ‘n juffrou wat saam kan lag en ‘n bok vir sports is. Dramatiese Kunste is ‘n universiteitstoelatingsvak en dit is baie harde werk. Ons almal geniet dit om ons passie te kan uitleef en besef dat ons ‘n wonderlike talent ontvang het om so tuis te kan wees op die verhoog  – iets wat baie leerders vrees en nie kan doen nie. Daarom staan die dramastudente nie een tree terug vir enige ander akademiese vak nie. – Elsje-Mari Breytenbach, gr. 12

Landboudepartement

Personeel 201812 Large
Landboutegnologie is ‘n vak waar ons leer hoe om prakties die plaastoerusting- en masjinerie te gebruik. Landboubestuur leer jou hoe om fisies te boer, bv. hoe om seleksie van diere toe te pas om beter teelmateriaal in jou kudde te verseker.  - Jaco Jacobs, gr. 11

Toerisme

Personeel 20185 Large

Toerisme neem mens op ‘n reis deur die wêreld. Ons beplan toere en ontdek so nuwe wêrelde en kulture. Ons leer hoe om die estetiese te kan waardeer, want in elke land is daar kultuurerfenisse en kunsskatte. Toerisme is ‘n vak wat ‘n mens se lewensuitkyk verbreed en jou wanderlust aanwakker. Ons is nie bang om ons vlerke te sprei en nuwe horisonne te ontdek nie.  - Engela Volschenk, gr. 11

Ingenieursgrafika en Ontwerp

Personeel 201813 Large
IGO gee jou meer insig oor hoe goed gebou en ontwerp word… En dit leer jou om geduldig te wees… En dit is glad nie maklik nie… Dit is beslis nie vir sissies nie.        –Vickus Smit en Mari Kuhn, gr. 11

EBW

Personeel 201814 Large
Besigheidstudie is daardie een vak waaroor almal mal is gedurende die kwartaal, maar wanneer die eksamen aanbreek, is dit jou grootste nagmerrie!
Al huiswerk wat ‘n mens eintlik kry, is opsommings. SO BAIE OPSOMMINGS! En niemand waag dit om onvoltooide werk te lewer nie. Jou skrif is meer op datum as mnr. Bertus se detensielys.
Tog is dit ‘n gunstelingvak. Solank jy net die filosofie van Besigheidstudies onthou: wie nie leer nie, kom nie deur nie. – Pauli Verwey, gr. 12

Geografie en SW

Personeel 20186 Large

Die geografieklasse is uiters uniek en ons leer elke dag iets nuuts. Wanneer ons werk, kan ons berge versit. Hier leer ons KLIPhard om die wêreld ‘n beter plek te maak … een groen spoor op ‘n slag. – Jean Lombard, gr. 11

Ek hou van geskiedenis, want dit is interessant om te leer van die groot wêreldgebeure, soos die wêreldoorloë en wat die uitwerking daarvan op Suid-Afrika is. En ons kry klas by ‘n baie oulike juffrou. – Eugenie Botha, gr. 9

Verbruikerstudies

Personeel 201815 Large

Voedseltegnologie is … mmm … lekker. Nie net leer jy oor kos nie, jy kry geleentheid om dit te maak en te eet ook. – Bianca Venter en Kyla Schutte, gr. 9

LO Departement

Personeel 20187 Large

Life orientation is a subject that teaches you how to cope with difficulties that you face, teaches you the correct way in which to do certain tasks and helps us younger generation to keep safe and healthy. – Nicole Hartslief, gr. 10

Religiestudies

Personeel 201816 Large

Administratiewe Personeel

Personeel 201817 Large

Bemarking

Bemarking
Die bemarkingskantoor sorg dat Middies op almal se lippe bly en dat Middelburg se hart in ritme klop met die skool in groen en goud.

Jeugwerkers

Personeel 201818 Large

Sport

Personeel 2018 Large

Argief

Brandpunt: Uit die hoof se (warm) kantoor.

Ondervinding het ons gewys en geleer dat elke uitgawe van Rissiepit aan die brand is en die tonge laat klap. Vandaar die gedagte om die hoof se boodskap
“Brandpunt” te noem. In hierdie uitgawe deel ons geliefde skoolhoof, mnr. Stronkhorst, die volgende met Middies:
 
In die hoof se kantoor brand die sake wat hanteer word soms skerper en seerder as die pit van die rissie. Dikwels kom die opmerking van besoekers: “Ek het nie geweet dit gaan so erg in die hoof se kantoor nie. Julle is so besig.” Die nuwe dissiplinêre stelsel van Middies het werklik die skool aan die brand. Soms gons die telefoon soos ouers die lyne aan die brand bel sodra hulle hul kinders se gedragsverslae onder oë kry. EN DIT WERK! Dit beteken nie dat ons kinders skielik tjoepstil in rye wissel en soos soldaatmannetjies opspring om te groet nie. Nee, beleefdheid, hulpvaardigheid en trots is die waardes wat gekweek word. Ons leerders leer dat hulle behoort en dit laat hulle geliefd en geborge voel. Hulle leer dat hulle nie net pionne is wat opdragte moet uitvoer nie, maar dat hulle self verantwoordelike besluite moet neem. Hulle leer om hulle drome en doelwitte te bemeester en as gebalanseerde jong volwassenes die lewe na matriek tegemoet te gaan. Hulle leer om te bedien en dit kweek respek en omgee.

Die onmiddellike gevolg is tuiswerk wat meer getrou gedoen word, samewerking in die klas, beter punte,algehele positiewe dissipline. Die woord “detensie” het skielik ‘n ander betekenis gekry. Dissipline en liefde is die twee boustene wat hand aan hand gebruik word in die opvoeding van leerders en by Middies is dit ‘n belangrike pilaar van ons opvoedingstelsel.

Goeie dissipline het goeie akademiese resultate tot gevolg. By Middies is akademie ons eerste prioriteit en ons kan met trots terugkyk op puik akademiese prestasie
wat spreek van harde werk en toewyding.

“Wonder bo Wonder”, ons pas afgelope blyspelproduksie, maak ons verder trots om Middies se groen en goud te dra. Vuurwarm talent het hoogty gevier op die verhoog en die entoesiasme van ons leerders het elke aand soos ‘n veldbrand versprei na die gehoor en die toejuiging en applous het getuig van die sukses van
elke optrede. Kultuur was nog altyd ‘n stewige pilaar waarop Middelburg Hoërskool suksesvol staan.

Nog ‘n pilaar waarop MHS suksesvol rus, is sport.Middies neem jaarliks deel aan die Super 16 en ook die skole-liga. Na vele wedstryde stap Middies letterlik en figuurlik as wenners van die veld. Ons sportsterre neem met oorgawe deel en ons harte swel van trots wanneer ons sien hoe Middies ware sportmangees openbaar. Hier leer ons dat wen nie net die telling op die telbord is nie, maar dat wen beteken dat jy met trots deelneem in die groen en goud van Middelburg Hoërskool.

‘n Ou spreekwoord in Afrikaans lui: ‘n Warm hart steek die ander aan die brand. Kom ons leef met warm harte vir Middies en steek só ‘n gees van positiewe dissipline, akademie, kultuurbetrokkenheid en sportmangees aan die brand.

Liewe Middies, ek is só trots om te kan sê dat ek die hoof van Middelburg Hoërskool is.

Personeel 2017

Personeel formeel Medium

Ontmoet Middies se unieke personeel…

Middelburg Hoërskool is geseën met entoesiastiese en goed gekwalifiseerde personeel. In ‘n vorige uitgawe het Rissiepit gespog met al die grade wat ons personeel agter hulle naam kan skryf. In hierdie uitgawe vertel van ons personeel waar hulle matriek geskryf het, of hulle ‘n leier was, wat hulle gunsteling sêding in die klas is en wat hulle leuse in die lewe is.

Mev. Alti Nel is ‘n oud-Middie en was ‘n leier. Haar gunsteling sêding is: “Wag, laat ek daaroor dink…Nee!” Haar leuse is: “Make winning a habit.”

Mev. Anita Botha het gematrikuleer aan Hoërskool Ben Viljoen in Groblersdal en sy was onderhoofdogter. Sy sê dat sy nie ‘n gunsteling sêding het nie. Volgens haar bied die taal so ‘n verskeidenheid moontlikhede dat sy haar nie laat bind deur ‘n sêding wat haar en die kinders gaan verveel nie. Haar leuse is: “Doen dit (tog) net!”

Mev. Annelie Volschenk skryf matriek by Hoërskool Pionier in Vryheid en sy was hoofdogter. Sy sê dikwels in die klas: “Dankie mense.” Haar leuse in die lewe is: “Moet nie dat ander mense jou eiewaarde bepaal nie.”

Mev. Annemarie Wilke is nog ‘n oud-Middie en sy was ook ‘n leier. Sy sê graag: “Maak dit sin? Is julle by, Middies?” Sy glo in die leuse: “If you can dream it, you can do it!”

Mev. Annemarie Kruger skryf matriek by Potch Gimnasium. Met haar rustige stemtoon sê sy altyd: “Ek het nog nooit ‘n dom kind gesien nie.” Sy glo dat elke mens kosbaar is en dat God ons Maker is en Hy maak nie gemors nie.

Mev. Ansie Steenkamp skryf matriek in Belfast en sy was ‘n leier. In die klas sê sy altyd: “Let op!” Haar leuse is: “Wees nederig.” Maar toe lees sy nou onlangs dat Muhammed Ali gesê het : “Humble people, I’ve found, don’t get very far.” Dit laat haar nou natuurlik wonder of sy maar ‘n ander leuse moet kry…

Mev. Ansie Vermeulen matrikuleer aan Hoërskool Transvalia in Vanderbijlpark. Leerders hoor haar dikwels sê: “HALLO! Kan julle sien ek is nog steeds in die klas!” Haar leuse is Rom. 8:28: “Alles sal ten goede meewerk.”

Mev. Anthea Taljaard skryf matriek by Hoërskool Staatspresident CR Swart. Sy sê altyd: “Dankie dames en here.” Haar leuse is: “Love is as love does.”

Mev. Cally Grunig skryf matriek by Pretoria Girls High. Haar gunsteling sêding in die Engelse klas is: “Misery.” Haar leuse is: “Always do your best and treat others the way you want to be treated.”

Mev. Carina Zwart matrikuleer aan Evander Hoërskool en was onderhoofdogter. Sy sê graag: “If you are not part of the solution, you are part of the problem.” Haar leuse is: “As jy iets in elk geval moet doen, maak dit dan die moeite werd en doen dit so goed as wat jy kan, anders het jy net jou tyd gemors.” En ook: “Het dit waarmee ek besig is ewigheidswaarde?”

Mev. Christa le Roux skryf matriek in Witbank by Hoërskool Generaal Hertzog. Sy was onderhoofdogter. “Sak die neuse en begin werk,” is haar gunsteling sêding. Haar leuse is: “Moet nie iets aan iemand doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie.”

Me. Christelle Conradie skryf matriek in Pretoria by Hoërskool Gerrit Maritz en sy was ‘n leier. Haar sêdinge in die klas en leuse is vervleg: “Alles in die lewe gebeur met ‘n spesifieke doel in God se meesterplan. Ek herinner myself gereeld ‘happiness isn’t having what you want, it’s wanting what you have’.” Dan “pause” sy eers en voeg by: “Om gelukkig en tevrede te wees met die klein dingetjies in die lewe, kleur die lewe in.” En ook: “Moet nie met ‘n honger leeu se stert speel nie.”

Mnr. Danie Nel skryf matriek by HTS Rustenburg. Hy sê laggend dat die naaste wat hy aan ‘n leier gekom het, was die nominasielys. In sy klas sê hy graag: “Vertel my…” Sy leuse is: “Facta non Verba – dade nie woorde nie. Vrylik verlaat... Hou jou mond en doen jou werk.”

Mnr. Dave Osborn skryf matriek by Durban Boys High en hy was hoofleier (sport). Hy sê graag: “Life is not about what happens to us, but it’s about how we react to what happens.” Hy glo verder: “There are three types of people in the world: those that make things happen; those that watch things happen and those that say ‘what happened?’”

Mnr. Eduan van den Heever skryf matriek by Hoërskool Kanonkop en hy was ‘n leier. Hy sê altyd: “Reg so…” Hy glo dat alles in die lewe ‘n doel het.

Mnr. Enrique Basson skryf matriek in Kimberley by Hoërskool Diamantveld. In sy klas sê hy altyd: “Kom ons raak bietjie rustig.” En ook: “Ek noem dit maar net…” Sy leuse is: “Don’t leave a vacancy, leave a legacy.”

Mev. Estelle Klaassen is ‘n oud-Middie en sy was ‘n leier. As sy klaar iets verduidelik het, vra sy: “Is julle gelukkig?” Sy sê dat sy haar lewe leef deur net haarself te wees deur Jesus se genade dag na dag.

Mev. Francis Lambrechts matrikuleer aan Hoërskool Sasolburg en sy was ‘n leier. Sy voeg by dat sy akademiese erekleure verwerf het en vir die Vrystaatse skermspan deurgedring het na die semi-finaal by die SA’s. Haar gunsteling sêding kom uit ‘n Pink Floyd liedjie van die tagtigerjare: “We don’t need education.” Haar leuse is: “YOLO!”

Mev. Gerda Claassens is ‘n oud-Middie en sy was ‘n leier. Sy sê altyd: “Bly net ‘n bietjie stil.” Sy glo dat ‘n mens nie ander minder moet ag as jouself nie.

Mnr. Gerhard du Toit skryf matriek by Hoërskool Lydenburg en hy was ‘n leier. Op die sportveld glo hy: “If you want to be the best, you have to beat the best.” Sy leuse is: “Maak of jy mal is en doen alles. En as jy nie wil nie…moenie.”

Mev. Hanlie Grobler matrikuleer aan Hoërskool Drie Riviere en sy was ‘n leier. In haar Engelse klas sê sy graag: “Listen people.” Haar leuse is: “Our greatest glory is not in never failing, but in rising every time we fall.” En ook: “Work hard, play hard.”

Me. Hanlie Potgieter skryf matriek by Standerton Hoërskool. In haar klas sê sy altyd: “It’s synthesis!” Sy het lank gedink oor haar leuse en toe besluit op: “Eerlikheid, dankbaarheid, regverdigheid.” En later bygevoeg: “Volg die weg met die minste weerstand as jou potensiaalverskil hoog is.”

Mev. Hannelie Breytenbach skryf matriek in Klerksdorp by Hoërskool Wesvalia. Sy sê gewoonlik: “Luister nou hier asb. julle.” Sy glo dat ‘n mens nie oor klein dingetjies in die lewe moet “worry” wat nie ewigheidswaarde het nie.

Mev. Heleen Smit is ‘n oud-Middie en sy was ‘n leier. Sy sê: “Ek het eers in gr. 11 by die MHS-familie aangesluit. Ek was eers ‘n ‘Tekrot’, maar het toe gelukkig tot bekering gekom.” In die Afrikaanse klas sê sy dikwels: “Kry behéér!” Haar leuse? “Dit is lekker om mens te wees, maar dan moet jy ‘n lekker mens wees!”

Mnr. Hennie Venter matrikuleer aan Hoërskool Mafikeng. Sy gunsteling sêding in die klas is: “’Right’, is almal by?” Hy glo dat ‘n mens bo jou omstandighede moet uitstyg.

Mnr. Jacques Ferreira skryf (in 1978) matriek “in Hoërskool Vereeniging se skoolsaal”. Hy weet nie of hy die een of ander geykte sêding tot vervelens toe herhaal nie, maar hy hoop nie so nie. En toe voeg hy by: “Maybe something like ‘if you dó nothing, don’t expect anything.’” En ook: “What you do with your life is none of my business – if you want to screw it up, go right ahead, be my guest. See where that takes you.” Oor sy leuse het hy baie te sê: “Nobody is indispensable, but there’s no harm done in trying to be. Jy kan net jou beste gee – the rest is not in your hands.” Hy voeg later by: “I never wanted greatness. I thought people would just let me be mé. And my goodness, was I wrong!” En ook: “Where you come from is not half as important as where you’re going.” Ook: “You have only this moment to make a difference.” Hy sluit af met: “I always thought people were supposed to mind their own business, and yet, here you are again, asking questions I’m not really comfortable answering…”

Mev. Janneke Williams matrikuleer aan Hoërskool Silverton en sy was ‘n leier. Sy sê gewoonlik: “Ai, dis nou sleg!” Sy glo dat as ander dit kan doen, kan sy ook. “The game is not over until the fat lady sings.”

Mnr. Johan Stronkhorst matrikuleer aan Randburg Hoërskool en hy was ‘n leier. Hy sê altyd: “Life is a journey, enjoy the ride.” Sy leuse is bekend aan elke Middie: “You can’t buy memories, you’ve got to live them.”

Mnr. Jonathan Jones skryf matriek by Hoërskool Brackenfell. Hy sê altyd: “Hou op tyd mors.” Hy leef volgens die beginsels van “eerlikheid, integriteit, plig en begrip”.

Mnr. Kirstie Odendaal matrikuleer aan die Morgenzon Landbouskool en was ‘n leier. Hy sê graag: “Sit en bly stil.” Sy leuse is: “Make it happen.”

Mev. Kobie Botha matrikuleer aan die Hoër Handelskool in Pretoria en sy was ‘n leier. Haar gunsteling sêding is: “Ons is nie Hoërskool Helpmekaar nie – doen jou eie werk!” Sy leef volgens haar leuse: “Do what you can do now, so that you can do what you want to do later.”

Me. Lezaan Rossouw is ‘n oud-Middie en was ‘n leier. Sy sê graag: “Verstaan jy?” Haar leuse is: “Wake up.”

Mev. Mandi van der Ryst skryf matriek in Port Shepstone by Hoërskool Suid-Natal. Sy was ‘n koshuisprefek en sê “wolf is aangestel oor die skape”. In haar klas sê sy altyd: “Kry sitplek.” Haar leuse: “Moenie ‘n suurstofdief wees nie; beteken elke dag iets vir iemand.”

Mev. Mandy van der Westhuizen is ‘n trotse oud-Middie en was ‘n “bendeleier”. Sy sê graag: “Gaan net weg.” Haar leuse is: “Believe and never, ever give up.”

Mev. Mariana van Rooyen skryf matriek by Potchefstroom Gimnasium en sy was ‘n leier. Sy sê graag: “Ag nee, regtig?” En ook: “Oh my word.” En ook: “Jou vingers is nou te min; gebruik liewer ‘n sakrekenaar.” Sy glo dat ‘n mens altyd positief moet wees, baie moet lag en ook dat die Here alles ten goede sal laat gebeur vir dié wat in Hom glo. In moeilike tye glo sy dat dit die volgende dag altyd beter sal gaan.

Mev. Marinelle Smit skryf matriek by Hoërskool Generaal Hertzog in Witbank. Sy was nie ‘n leier nie, maar haar pa se woorde van bemoediging het vir haar baie beteken: “Onthou, slegs ongeveer 3 % van leiers op skool is na skool leiers.” In die klas sê sy graag: “Ek wil julle iets vertel.” Sy glo dat niks kom sonder harde werk nie.

Mev. Marion Duvenage is ‘n oud-Middie wat geleef het vir haar kunsperiodes en lief was vir boeke. Haar lewensfilosofie is: “Enhance the everyday and learn something every day.”

Mev. Ronel Viljoen skryf matriek in Heidelberg by die Hoër Volkskool. Op skool was sy baie skaam en stil. Haar gunsteling sêding in die klas: “Face the birdie, face the birdie.” En ook: “Asem in…1,2,3,4,5,6,7,8,9,10…asem uit.” Sy glo dat ‘n mens leef in afhanklikheid van Hom.

Mev. San Dreyer matrikuleer aan Hoërskool Hendrina en was hoofdogter. Sy sê altyd: “Susha. Hoekom praat julle so baie?” Sy weet God sal haar in elke situasie help.

Mev. Sumari van Niekerk is ‘n oud-Middie en was ‘n leier. Sy sê altyd: “Bly nou stil!” Sy glo dat moeilike omstandighede jou nie onder moet kry nie. Die lewe is onregverdig en slegte dinge gebeur met ‘n mens… Kom net oor dit.

Onnies in die kollig

Jare se hokkiesukses…
maar astro laat Wilke breed glimlag!

Annemarie Wilke MediumAnnemarie Wilke vertel dat haar loopbaan as hokkieafriger in 1989 by Hoërskool Middelburg begin het. “Daar was letterlik ’n fluitjie in my hand geprop en ek is in die rigting van die derde en vierde spanne beduie. Van die senuwees was my hande papnat gesweet.”

Ses-en-twintig jaar later en coach Meraai - soos die kinders haar noem - het ’n magdom provinsiale spelers én spanne op haar hokkiekerfstok. Veertien provinsiale én twee Noordvaaltrofees in die afgelope 12 jaar sorg ook dat haar vertoonkas kreun onder die gewig van al die silwerware.

Maar verlede Vrydag was haar glimlag net so groot as met enige van dié prestasies toe Middies se oefen-astrobaan amptelik geopen is.

“Dit is ’n groot droom wat waar geword het. Jy kan ál jou vaardighede op die baan oefen en dit is beslis tot voordeel van die spelers. Met die twee volsirkels kan spanne seweshokkie speel én agtsekondes-uitspeelstryde kan daarop beslis word. Die beter oppervlak sorg ook dat jou meer ingewikkelde hokkietegnieke - soos die drag flick en upright backstick - ingeskerp kan word,” vertel sy Woensdagoggend entoesiasties by skool.

Deur die jare was daar verskeie Middiespanne wat by die astro kon baat en niemand meer as die Predators van 2009-2013 nie. Van die 15 moontlike eindstryde waarin hulle kon verskyn, het hulle in 13 gespeel en 11 gewen. Spelers soos Marguerite en Marcia van Wyk, Nicola Alberts en Chanté Roos is al huishoudelike name in die Middiehokkiewêreld.

Volgens Wilke was die groep die sterkste wie sy nog afgerig het.



“Ek onthou veral die o/16 Noordvaaleindstryd in 2011 toe ons vir Menlopark 4-1 gewen het. Dan was Marguerite die beste speler met wie ek al gewerk het - as ons in haar jare die astro gehad het, sou sy waarskynlik haar o/18 SA-kleure ook gekry het.”



Haar sterk punt as afrigter is om kinders te motiveer en te help glo in hul vermoëns en doelwitte op die veld. “Ouerbertrokkenheid is ook baie belangrik. Hulle moet inkoop in die tipe hokkie wat die span wil speel.”

Deur die jare het daar al verskeie interessante oomblikke langs die hokkieveld plaasgevind - soos die keer toe sy as groentjie-afrigter saam die span ingelyf is.

 DSC 0089 Medium

“Die span moes my egter eers vang en hulle het my reg rondom die skool gejaag. By die B-rugbyveld het ek begin besef dat maak nie saak wat ek doen nie, hulle gáán my vaskeer. Ek onthou ek moes uiteindelik onder ’n oop kraan gaan lê!” vertel sy laggend.

Haar span van 2015 laat ook die prestasies inrol.

Hoewel hulle o/15 is, het vier van die spelers vir die o/16 provinsiale span uitgedraf. Boonop het hulle ses van die span se sewe doele tydens die nasionale week geskiet!

Maar wat doen jy as een droom ’n werklikheid geword het? Jy droom groter.

En Wilke en haar mede-afrigters by MHS droom nou van ’n vollengte astro.

• Annemarie Wilke loop al ’n lang pad in Middelburg. Sy was hoofmeisie van Laerskool Staatspresident C.R. Swart en het in 1982 by Hoërskool Middelburg gematrikuleer. Haar man, Pierre, is ook ’n hokkie-ringkop en is deesdae veral betrokke by haar spanne se motiveringsessies.

Chef se span kan kóók vanjaar


Gert van der Wetshuizen MediumDit is net na 14:00 op ’n Donderdagmiddag voor die Julievakansie en Gert van der Westhuizen is druk besig met skoolaangeleenthede in sy kantoor by Hoërskool Middelburg. “Dié is my eintlike werk,” sê die MHS-adjunkhoof terwyl hy na ’n hoop lêers en vorms op sy lessenaar kyk.

  Maar dan dra Van der Westhuizen (of Chef, soos hy bekend staan) ook die hoed van die Pumas se Cravenweekhoofafrigter. En dié hoed word vanjaar met baie trots gedra.

Die provinsie se hoërskoolbestes is vanjaar onoorwonne tot die aanloop van die nasionale week. Hulle het in drie vriendskaplike wedstryde met die Blou Bulle, Haaie en Leeus afgereken en veral hul aanvallende spel maak van hulle gedugte teenstanders.

Hulle beskik - soos Mfundo Ndlovu teen die Haaie bewys het - oor individuele briljantheid. Die voormalige Middievleuel het ’n driekuns van drieë teen die Kwazulu-Natallers gedruk en het verdedigers in die lug laat gryp met sy vaart en goeie hardlooplyne.

Dan sorg spelbrekers soos JC Pretorius en kie dat die span van enige plek op die veld ’n drie kan druk, terwyl die agterlyn - indien hulle die dag op hul stukke is - altyd ’n faktor is.

“Die span se teenaanvalle is briljant en die tempo waarteen die ouens speel, sorg dat ons altyd gevaarlik bly.”

Tog voel Van der Westhuizen dat hul verdediging nog nie heeltemal op standaard is nie. Juis om dié rede het hulle tydens verlede week se oefensessie, saam die professionele Pumas, veral op die aspek van die spel gekonsentreer.

Hoewel dit steeds belangrik is om ’n aanvallende speler se voete onder hom uit te duik, het die Sonny Bill Williams-aangee moderne spelers genoodsaak om hul verdedigingstrategieë aan te pas.

“Dit is een van ons mikpunte om vanjaar die beste span op verdediging by die Cravenweek te wees. Ons het onder andere gekyk om op ’n speler se bolyf toe te slaan om sodoende sy momentum te stuit en laat-aangeë te neutraliseer.”

Die toernooi word vanjaar in die Kaap beslis en Van der Westhuizen wil gereed wees vir enige moontlikheid - insluitende ’n nat Paarl. “Omdat ons reënweer verwag, het ons veral aan ons skopwerk geskaaf, terwyl ons ook op die vermoë om vanuit ons gebied te speel, gefokus het. Ons wil vanjaar in die hoofwedstryd op die laaste dag speel. Die span het die vermoë om dit te doen.”

Soos altyd sal hy ook sy spelers maksimum blootstelling wil gee om uiteindelik vir die SA Skolespan gekies te word.

“Daar heers ’n goeie gees onder die seuns. Daar is niks so goed soos ’n wen om jou selfvertroue op te bou nie.”

En die Pumas sal vanjaar wil aanhou wen.

• Pumas se uitslae in aanloop tot Cravenweek: 29-10 teen Blou Bulle 43-31 teen Haaie 35-29 teen Leeus

• Hulle sal voor die aanvang van die toernooi ’n oefenkamp by Alan Zondagh se sentrum bywoon.

• Die Cravenweek is van 13 tot 18 Julie by Paul Roos en hul eerste wedstryd is teen die Grens.

• Hoërskool Nelspruit se Coenie Kruger is die kaptein, met nóg ’n Laevelder, Wessel Muller, die onderkaptein.

• Van der Westhuizen se 2013 Cravenweekspan het die week in die derde plek afgesluit toe ’n Brandon Thomson-strafskop die Vrystaat in die doodsnikke van die hoofvoorwedstryd gesink het.

Christopher van Leeuwen is 'n MIDDIEMAN!


4c338c49b012f4e4c9b60e5148840f22

Na 53 minute se speeltyd in die openingswedstryd van hul Curriebekerveldtog teen die Valke op Kemptonpark, het die o/21 Pumas ’n agterstand van 17-42 in die gesig gestaar. ’n Rapsie onder dertig minute en vier drieë later, het hulle nie net die agterstand uitgewis nie, maar óók die wedstryd 43-42 gewen.

Nóú speel hulle Saterdag in die halfeindstryd van die reeks teen dieGriekwas op Mbombela. En Christopher van Leeuwen - die span se vuurvreterslot - glo dat die einste veggees wat hul vroeër die jaar op die Barnardstadion getoon het, hulle handig teen die Kimberleymanne te pas gaan kom.

“Ons is ’n span wat in mekaar en die afrigters glo. Die feit dat baie van die groep verlede jaar vir die o/19’s gespeel het, beteken dat ons mekaar goed ken.”

Dit is juis daardie verstandhouding onder die spelers wat gesorg dat hulle onoorwonne in die ligawedstryde geëindig het. In sewe kragmetings het hulle 288 punte aangeteken - die tweede meeste van al die spanne.

“Ons probeer in ’n wedstryd meer drieë as die ander span te druk!” skerts Van Leeuwen Woensdagoggend.

Tog is hul verdedigingsrekord nét so goed. Net die Limpopo Blou Bulle het minder punte in die reeks afgestaan.

Op 105 kilogram en 2.00m in sy sokkies, is Van Leeuwen een van die sleutelspelers in die span, en hy het veral sy stempel teen die Boland afgedruk. Die Wynboere was verlede jaar die o/19-kampioenspan en hulle is goed opdreef in vanjaar se kompetisie (hulle het byvoorbeeld 101-19 met die Grens klaargespeel), maar die Pumas het hulle egter 56-40 in Nelspruit kafgedraf.

Hoewel hy nie ’n drie in die wedstryd gedruk het nie, het hy die nodige vuur verskaf en sy skittervertoning het hom die titel as speler van die wedstryd besorg.

Die oud-Middieslot vertel dat die sprong van skoolrugby na die junior Curriebeker nie so moeilik was nie. “Ek was bevoorreg om vir twee jaar Cravenweek (2012 en 2013) vir die Pumas te speel wat ’n goeie leerskool was. Dus was dit nie só ’n groot aanpassing nie.”

Hy rig deesdae Hoërskool Middelburg se sterk o/15-rugbyspan af wat tot die kwarteindstryd van die Beeldtrofee deurgedring het. “Hulle is ’n baie goeie span wat vinnig toepas wat jy hulle leer.”

Maar terug na Saterdag se halfeindstryd. “Griekwas se verdediging is rotsvas en ons sal sterk met die bal in hand moet vertoon. Ons het hulle al egter vroeër 30-19 geklop. Die span het ook al gedurende die seisoen gewys dat ons onder druk kan presteer en ons weet wat om in sulke situasies te doen.”

’n Wen Saterdag sal wonders vir rugby in Mpumalanga beteken. En met van Leeuwen en kie in hul geledere, het die o/21 Pumas ’n groot kat se kans. • Van Leeuwen is volgende jaar ook die mede-afrigter van MHS se o/16’s. • Die o/21-kragmeting skop Saterdag om 15:15 af. • In sewe wedstryde het hulle 288 punte aangeteken, en slegs 174 afgestaan. Elandré Botha is met ses drieë die span se voorste driedrukker.

Deur die jare heen is Middies met die beste onnies geseën!

Middiebloed bly maar deur jou are vloei...

Ons spog met ’n paar onderwysers wie sélf hul hoërskoolloopbaan by MHS voltooi het:

  • Mandy van der Westhuizen
  • Heleen Smit
  • Lezaan Rossouw
  • Annemarie Wilke
  • Gerda Claassens
  • Annika Claassens
  • Hannelize Adendorff
  • Marion Duvenage
  • Alti Nel
  • Sumari van Niekerk
  • Estelle Klaassen
  • Louw de Waal

Middies is geseën met die beste onnies

Deur Matthys Taljaard



Hoërskool Middelburg se onderwysers is goed gekwalifiseerd en entoesiasties en dit verseker dat akademie eerste prioriteit by die skool geniet . Die Rissiepit het by die akademiese onderwyspersoneel gaan hoor waar hulle studeer het, watter kwalifikasies hulle het en ook hoekom dit so spesiaal is om ‘n MIDDIE te wees.



Hannelize Adendorff Custom

Mev. Hannelize Adendorf studeer aan die Universiteit van Pretoria en Unisa. Sy behaal ‘n B(Ed) (Honneurs) in Onderwysbestuur. “Siende dat ekself ‘n Middie was, is dit al klaar spesiaal om hier skool te hou. ‘Only Middies know the feeling.’”



Elsie Bardner CustomMev. Elsie Bardner studeer aan die Universiteit van Pretoria en behaal ‘n BSc-graad met HOD. “Ek hou al 28 jaar aaneenlopend skool by MHS en sou dit nie kon doen as dit nie vir my lekker is nie.”



Enrique Basson CustomMnr. Enrique Basson studeer aan die Universiteit van die Vrystaat en CUT in Bloemfontein. Hy behaal ‘n B.Tech(Honneurs). “Ek geniet die leerders by MHS wat so aktief betrokke is by alles . Die personeel begin ook al vir my soos familie voel.”



Anita Botha CustomMev. Anita Botha studeer aan die Universiteit van Pretoria en behaal ‘n BA (Honneurs)-graad in Afrikaans. “Ons spesiale groen-bloed-leerders: hulle is ‘n goeie mengsel van harde werk en prestasie, menings en vrae, pret en stoutigheid. Ek geniet ook my klas met die mat en verhogie - spesiaal vir toesprake lewer!”



Kobie Botha Custom

Mev. Kobie Botha studeer aan die Universiteit van Pretoria en behaal ‘n HOD(Handel). “MHS bied kwaliteit onderwys.”



Mnr. Piet Bothma studeer by NKP en behaal ‘n HOD. “Middies het ‘n goeie hoof. Ek is self ‘n oud-Middie en kan my vereenselwig met MHS se tradisie en trots.”



Hannelie Breytenbach Custom

Mev. Hannelie Breytenbach studeer aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal ‘n BCom (Honneurs)-graad . “MHS is lekker oor die kultuur.”



Annika Claassens CustomMej. Annika Claassens studeer aan die Universiteit van Johannesburg en behaal ‘n B(Ed)-graad. “Die goeie gees van die onderwysers en kinders maak MHS spesiaal.”



Gerda Claassens CustomMev. Gerda Claassens studeer aan die Universiteit van Pretoria en behaal ‘n BA-graad. “MHS is spesiaal, want die hoof ken elke kind op die naam.”



Christelle Conradie CustomMej. Christelle Conradie studeer aan die Universiteit van Pretoria en behaal ‘n B(Ed)-graad. “Ons hoof is ‘n ménse-mens wat opreg omgee vir almal by Middies. My hokkiekinders is vir my soos familie. My kollegas is ware vriende. En natuurlik my vak… ek geniet elke periode saam met my graad aggies.”



Mev. San Dreyer studeer aan die Universiteit van Pretoria en behaal ‘n BA(Honneurs)-graad. “My kollegas en die kinders se onvoorwaardelike liefde maak MHS spesiaal. Ons kinders weet hoe om hard te werk en uitdagings die hoof te bied. Ons kinders weet nog wat die woord RESPEK beteken.”



Mnr. Gerhard du Toit studeer Sportbestuur aan die Universiteit van Pretoria. “MHS het wonderlike personeel en kinders en dit is vir my lekker om deel te wees van hierdie wenspan.”



Natanja du Toit Custom
Mev. Natanja du Toit
studeer aan die Noordwes Universiteit en behaal ‘n BA-graad. “Mnr. Stronkie maak alles die moeite werd. Dit is min dat ‘n hoof sy personeel en kinders so goed ken en die mensekennis het om enige situasie te kan hanteer. Hy is ‘n ménse-mens en gee waarlik om vir élke Middie.”



Marion Duvenage Custom
Mev. Marion Duvenage
studeer aan die Universiteit van Pretoria en behaal ‘n BA(Inligtingsontwerp)-graad. “Ek is mal oor Middies omdat daar ruimte is vir individualisme en kreatiwiteit.”



Jacques Ferreira Custom
Mnr. Jacques Ferreira
studeer aan die Randse Afrikaanse Universiteit en behaal ‘n BA(Ed)-graad. “MHS is spesiaal, want hier leer kinders dat hoe harder jy werk, hoe beter presteer jy. Hier leer hulle ook dat jy verantwoordelikheid moet aanvaar vir jou eie dade en dat jy nie altyd kan skuil agter jou ouers wat probleme namens jou gaan oplos nie. Middies leer jou om die groter prentjie raak te sien en dit berei ons leerders voor vir die ongenaakbare wêreld na skool.”


Mej. Maria Göttsche
behaal ‘n BA-graad aan die Universiteit van Pretoria. “MHS is my tuiste vanaf Januarie 1987. Ek verplant baie moeilik en is al deel van die meubels hier by die skool.”



Hanlie Grobler Custom
Mev. Hanlie Grobler
studeer aan die Universiteit van Pretoria en behaal ‘n BA(Tale)-graad. “Middies is ‘n skool met ‘n hart vir kinders. Daar is net een hoof soos mnr. Stronkie en soos hulle sê: Only Middies know the feeling.”


Mev. Cally Grünig
studeer aan die Technikon van Pretoria en behaal ‘n T4 Nasionale Hoër Diploma Elektriese Ingenieurswese. “Middies is spesiaal, want ons kinders is spesiaal en ons is soos een gróót familie.”



Nelia Henning Custom
Mev. Nelia Henning
studeer aan die Universiteit van Potchefstroom en behaal ‘n BA-graad. “Hier by MHS is jy iemand wat saak maak.”


Mev. Alma Kotzé
studeer by NKP en behaal haar THOD. “MHS se kinders is vir my spesiaal en dit maak my werk as onderwyser interessant en lekker.”


Mev. Annemarie Krüger
studeer aan die Universiteit van Potchefstroom en ook deur UNISA. Sy behaal ‘n BA-graad. “Hier by MHS is ‘n unieke verhouding tussen onderwysers en leerders en ook tussen die onderwysers en die bestuur van die skool.”



Christa le Roux Custom
Mev. Christa le Roux
studeer aan die Universiteit van Pretoria en behaal ‘n BSc-graad asook ‘n B(Ed)-graad deur UNISA. “Middies is baie spesiaal en sal altyd wees, want dit is waar my onderwysloopbaan begin het.”



Alti Nel Custom
Mev. Alti Nel
studeer aan die Universiteit van Pretoria en behaal ‘n graad in Sportwetenskap. “Ek was self ‘n Middie. Dit is ‘n skool met lekker atmosfeer, goeie onderwysers en oulike kinders.”



Danie Nel Custom
Mnr. Danie Nel
studeer aan die Technikon van Pretoria en behaal ‘n T3-Argitekstekenaar. “Ek is mal oor my vak. Ek hou daarvan om met MHS se leerders te werk. Ons hoof is die beste!”



Magda Nieuwoudt Custom
Mej. Magda Nieuwoudt
studeer aan die Noordwes Universiteit en behaal ‘n BSc (Honneurs) in Sportwetenskap. “Die omgee vir mekaar en die mense maak MHS spesiaal.”



Lezaan Rossouw Custom
Mej. Lezaan Rossouw
studeer aan die Noordwes Universiteit en behaal ‘n B(Ed)-graad. “My 0/14-netbalbabas, my slim Geografiekinders en pouse saam met die ‘sisterhood’ maak MHS vir my spesiaal.”



Heleen Smit Custom
Mev. Heleen Smit
studeer aan Unisa en behaal ‘n B(Ed)-graad met Verdere Onderwys en Opleiding. “Die andersheid klomp uiteenlopende mense saam maak dit ‘n wenresep én die unieke onnie-leerder verhouding maak dat die stem van die kind gehoor word.”



Mev. Ansie Steenkamp studeer aan die Universiteit van Pretoria en behaal ‘n BCom (Honneurs)-graad. “MHS poog om elke kind optimaal te laat presteer. My eie kinders is baie gelukkig in MHS en daarom is ek as ouer ook tevrede en gelukkig met MHS.”



Bertus Steyn Custom
Mnr. Bertus Steyn
studeer aaan die Universiteit van Stellenbosch en behaal ‘n BA(Meesters)-graad. “Ek geniet die plattelandse gemeenskap en skool met baie ontwikkelingsgeleenthede.”



Johan Stronkhorst Custom
Mnr. Johan Stronkhorst
studeer aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat en behaal ‘n BSc (Honneurs)-graad. “MHS is vir my spesiaal, want hier is ruimte vir eie denke.”



Anthea Taljaard Custom
Mev. Anthea Taljaard
studeer aan die Universiteit van Pretoria en behaal ‘n BCom (Honneurs)-graad met HOD. “Ek waardeer MHS se individuele aanslag.”



Eduan van den Heever Custom
Mnr. Eduan van den Heever
studeer aan die Noordwes Universiteit en behaal ‘n B(Ed)-graad. “Met ons goeie skoolhoof en ons unieke Middietrots, kan dit nie anders as om lekker te wees hier by MHS nie.”



Mandie van der Ryst Custom
Mev. Mandie van der Ryst
antwoord ons vrae “tong in die kies” deur te sê dat sy studeer by die “stoutgat onderwyskollege” en dat sy haar “graad” behaal. Sy sê sy kon die plusse en minusse nog baasraak, maar die maal en deel het haar brein geskommel. “Dit is vir my lekker by MHS, want as daar ander om jou is wat maller is as jy, dan staan jy nie soos ‘n seer toon uit nie…”



Gert van der Wetshuizen Custom
Mnr. Gert van der Westhuizen
studeer aan die Universiteit van Pretoria en behaal ‘n B(Ed) (Honneurs). “Die ruimte wat Middies vir kinders gee om hulself te kan wees. Die lekker samewerking onder die bestuurspan.”



Mandy van der Westhuizen Custom
Mev. Mandy van der Westhuizen
studeer by NKP in Pretoria en behaal ‘n B(Ed) (Honneurs) in Onderwysbestuur. “MHS is my alma mater, dit is waar ek my passie kan uitleef tussen die kinders. My kollegas is vir my ‘n ondersteuningsraamwerk waarop ek altyd kan staatmaak. MHS is nie enige skool nie – dit is ‘n omgeeskool.”



Su Mari van Niekerk Custom
Mev. Su-Mari van Niekerk
studeer aan die Universiteit van Potchefstroom en behaal ‘n B(Ed)-graad. “Ek is ‘n oud-Middie en daarom is dit vir my spesiaal hier by MHS. Die (meeste) kinders is oulik en ek kom goed oor die weg met my kollegas. Daar is altyd tyd vir ‘n grappie in die personeelkamer.”



Mariana van Rooyen Custom
Mev. Mariana van Rooyen
studeer aan die Universiteit van Potchefstroom en behaal ‘n BA-graad en HOD. “MHS se opregte omgee vir almal. Die hoof se passie vir sy onderwysers en leerlinge. Die wyse waarop MHS sy leerlinge opvoed om ander te respekteer en voor te berei vir die volwasse lewe.”



Hennie Venter Custom
Mnr. Hennie Venter
studeer by NKP en behaal ‘n BA (Honneurs) by die Universiteit van Pretoria. “Wat maak MHS spesiaal? My vrou. En natuurlik die plaas en alles daarmee saam.”



Ronel Viljoen Custom
Mev. Ronell Viljoen
studeer aan die Universiteit van Potchefstroom en behaal ‘n BA(Honneurs)-graad met HOD. “Ons hoof gee om vir mense. Hy maak dit vir ons almal lekker en spesiaal hier by MHS.”



Annelie Volschenk Custom
Mev. Annelie Volschenk
studeer aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat en behaal ‘n BA(Ed) (Honneurs)-graad. “Elke dag by MHS bied nuwe uitdagings. Ek hou daarvan dat ons die leerders lei tot selfstandige denke. Dit verseker dat hulle nie net slaafse navolgers word nie, maar analities begin dink aan oorsaak en gevolg. Die personeel sorg vir elke dag se lag.”



Annemarie Wilke Custom
Mev. Annemarie Wilke
studeer aan die Universiteit van Potchefstroom en behaal ‘n BSc-graad en HOD by die Universiteit van Pretoria. “MHS is spesiaal, want… MHS = Middelburg HOKKIE Skool.”



Janneke Williams Custom
Mev. Janneke Williams
studeer aan die Universiteit van Potchefstroom en behaal ‘n BA-graad. “Die omgee van die kinders in die klas en by die atletiek en hokkie, maak MHS vir my spesiaal. Mnr. Stronkie se woorde: ‘Live the memories.’”



Carina Zwart Custom
Mev. Carina Zwart
studeer aan die Universiteit van Potchefstroom en behaal ‘n BBib(Ed)-graad. “Hier by Middies gee ons om vir mekaar.”