Kultuur

Redenaars fokus op volmondige kwaliteit deelname

Deur Brady Welthagen

By Middies geniet elke redenaar dit om deel te neem, maar tog val die klem ook op kwaliteit-deelname. Middies se redenaars het met hulle puik uitslae en toewyding bewys dat selfvertroue en harde werk vrugte afwerp.
Met die interne redenaars het die sprekers volmondig deelgeneem aan die voorbereide én onvoorbereide toesprake. Hierdie jaar se toesprake het getuig van ‘n baie hoë standaard en die wenners kan hulleself op die skouer klop. Die uitslae is soos volg:

Juniors voorbereid:
• Eerste plek: Zoè Beetge
• Tweede plek: Stehard Botes
• Derde plek: Catherine Duvenage

Juniors onvoorbereid:
• Eerste plek: Barend Kurpershoek
• Tweede plek: Brady Welthagen
• Derde plek: Johanette Steele

Seniors voorbereid:
• Eerste plek: Engela Volschenk
• Tweede plek: Illezé Allers
• Derde plek: Kyra Erwee

Seniors onvoorbereid:
• Eerste plek: Engela Volschenk
• Tweede plek: Zannenlee Venter
• Derde plek: Kyra Erwee

Die ATKV-redenaarskompetisie word algemeen beskou as die grootste redenaarskompetisie in die land. Die eerste ronde het hierdie jaar plaasgevind by Hoërskool Generaal Hertzog. Die volgende sprekers dring deur na die tweede ronde (Mpumalanga-finaal): Engela Volschenk, Greta Kurpershoek, Barend Kurpershoek, Johanette Steele en Chanel Strydom.

Verskeie sprekers het ook deelgeneem aan die Radikale Redenaars. Greta Kurpershoek, Tamicke Clark, Engela Volschenk en Chanel Strydom dring deur na die Mpumalanga-finaal. Chanel Strydom word aangewys as die Mpumalanga-wenner in graad 9 Tweetalige toespraak en Tamicke Clark as Mpumalanga-wenner in graad 10 Engels Eerste Addisionele Taal. Beide dring dus deur na die Nasionale Finaal.

Senior redenaar Medium

Engela Volschenk word aangewys as die beste senior redenaar van die skool.

Junior redenaars Medium

Chanel Strydom en Barend Kurpershoek word aan-gewys as die beste junior redenaars van die skool.