Kultuur

Redenaars

Redenasie - tweede natuur vir die Middie-nasie

Deur Brady Welthagen

DSC 0007 Medium

Voor: Johanette Steele, Tamicke Clark en Willem Kurpershoek. Agter: Zannenlee Venter, Engela Volschenk en Kyra Erwee.

In kort opgesom is redenaars die volgende: Spanning, angssweet, opgewondenheid en geheueverlies op presies dieselfde tyd! Maar hier by Hoërskool Middelburg skrik al hierdie dinge nie die redenaars af nie en neem hulle passievol deel aan redenaarskompetisies.
Hoërskool Middelburg het vroeg in die tweede kwartaal hulle interne redenaarskompetisie aangebied waar daar treffende voorbereide en onvoorbereide toesprake gelewer is. Die uitslae is soos volg.
Senior Voorbereid: 1. Engela Volschenk  2. Kyra Erwee  3. Robert du Toit
Senior Onvoorbereid: 1. Engela Volschenk  2. Zannenlee Venter  3. Suné Kruger
Junior  Voorbereid: 1. Tamicke Clark  2. Douglas Thompson  3. Janco Pieterse        
Junior Onvoorbereid: 1. Willem Kurpershoek  2. Jana Venter  3. Brady Welthagen
Engela Volschenk en Zannenlee Venter is die twee seniors wat deurdring na die ATKV Mpumalangafinaal. Engela behaal ‘n vyfde plek in Mpumalanga vir haar voorbereide toespraak oor woorde wat mag het oor ander se geluk. Willem Kurpershoek, Johanette Steele en Tamicke Clark is die juniors wat deurdring na die Mpumalangafinaal. Willem Kurpershoek eindig derde met sy onvoorbereide toespraak.
MHS het ook deelgeneem aan die Radikale redenaars-kompetisie. Vyf van ons sprekers dring deur na die Mpumalangafinaal en behaal die volgende plekke: Tamicke Clark eindig eerste in gr. 8 Huistaal. In gr. 10 Huistaal eindig Kyra Erwee eerste en Greta Kurpershoek vierde. Engela Volschenk eindig derde by die gr. 11 Huistaal en Zannenlee Venter tiende.
Hoërskool Middelburg het ook hierdie jaar vir die eerste keer deelgeneem aan Debat. Met die “Dink of sink” debatskompetisie het dit baie goed gegaan met ons span wat bestaan het uit Engela Volschenk, Kyra Erwee en Jaco Jacobs. As bonus het hierdie drie sprekers ook op TV verskyn. Ons sien met opgewondenheid uit na volgende jaar se deelname aan nóg debatskompetisies.
Hier by Middies mag ons vrae vra en is ons nie slaafse navolgers nie. Hierdie uitgangspunt maak dat ons redenaars weet hoe om die angs en paniek hok te slaan en te oortuig met hulle argumente en bewyse.

MHS Public Speaking 2017 045 Medium

This years winners of the annual public speaking competition are Engela Volschenk in the third place, winner Kyra Erwee and Courtney Strydom in the second place.

Argief

Redenaars 2017 - Redenasie - tweede natuur vir die Middie-nasie

Redenaars 2016

Public speaking, redenaars en debat help jou om met selfvertroue voor mense te kan praat en om jou standpunt met oortuiging te stel en te bewys. Tydens die interne Afrikaanse redenaars het die volgende sprekers oortuig met hulle argumente:
Graad 8 en 9: Willem Kurpershoek (eerste), Wilna Steenkamp (tweede) en Greta Kurpershoek (derde). Graad 10 – 12: Engela Volschenk (eerste), Zannenlee Venter (tweede), Louise Volschenk (derde).

Die volgende sprekers dring deur na die finale ronde van die ATKV-redenaars: Kirsten Jansen van Vuuren, Kyra Erwee en Tamicke Clark neem deel in die afdeling vir voorbereide toesprake. Louise Volschenk, Greta Kurpershoek, Willem Kurpershoek en Carlimari Enslin het deelgeneem in die afdeling vir onvoorbereide toesprake. Baie geluk aan Kirsten Jansen van Vuuren wat tweede in Mpumalanga eindig met haar voorbereide toespraak. Sy dring deur na die landsfinaal in Augustus by Buffelspoort.

Redenaars 2015

Seniors

Snr Redenaars Elzandé Fouché 3 Elani 1Dewalt 2

Eerste:
 Elani Nell
Tweede: Dewalt Lindeque-Fouché
Derde: Elzandé Fouché

Graad 9

Graad 9 Redenaars Jan-Adriaan Naude Engela en Zannenlee Venter

Eerste: Jan -Adriaan Naudé
Tweede: Engela Volschenk
Derde: Zannenlee Venter

Graad 8

Graad 8 Redenaars Wilna Steenkamp1 Kyra Erwee 2 Greta Kurpershoek 3

Eerste: Wilna Steenkamp
Tweede: Kyra Erwee
Derde: Greta Kurpershoek

Public Speaking 25 February 2015

Orators equipped to give politicians a go
By Engela Volschenk

MHS is a school that encourages its learners to participate in the yearly public speaking and this year didn’t disappoint. The Public Speaking took place in February. There was a lot of learners that were anxious to speak. Lesedi inspired everyone with her beautiful speech and Robert made us all laugh with his wit. At the end of the evening there had to be winners and they were: 
Courtney Strydom (first), Robert du Toit (second) and Kirsten Jansen van Vuuren (third).
Four of our learners also participated in the English Orators competition. They were Carmen Breytenbach, Jan-Adriaan Naudé, Kirsten Jansen van Vuuren and Engela Volschenk. Kirsten and Engela are Mpumalangawinners and will participate in the nationals during August.

Congratulations to all the contestants and a big thank you to all the judges.

Public Speaking Feb 2015 2015-03-03 12-19-29 PM 4608x3072

3rd: Kirsten Jansen van Vuuren
2nd: Robert du Toit
1st: Courtney Strydom

Redenaars oortuig met argumente - 2015

Deur Esti Odendaal

MHS se interne redenaars het hierdie jaar ‘n nuwe baadjie aangetrek en die redenaars het nét onvoorbereide toesprake gelewer. Dit het niemand egter afgeskrik om deel te neem nie en die redenaars het met goeie argumente die gehoor van hulle standpunt oortuig.

Die volgende redenaars is as wenners aangewys deur die beoordelaars:
• Graad 8: Wilna Steenkamp (eerste), Kyra Erwee (tweede) en Greta Kurpershoek (derde).
• Graad 9: Jan-Adriaan Naudé (eerste), Engela Volschenk (tweede) en Zannenlee Venter (derde).
• Graad 10 - 12: Elani Nell (eerste), Elzandé Fouché (tweede) en Dewald Lindeque-Fouché (derde).

Na die eerste uitdunrondte van die ATKV-redenaars, het die volgende Middies aan die Mpumalangafinaal deelgeneem: Greta Kurpershoek, Engela Volschenk, Zannenlee Venter, Louise Volschenk en Elani Nell. Greta was onder die top vyf redenaars in Mpumalanga in die kategorie vir graad 8 en 9. Louise is onder die top 10 in Mpumalanga in die kategorie gr. 10 tot 12.