middies sport

Skiet

Middies Skiet Logo Groen

Op Middies se eie binneshuise skietbaan klap die skote tydens oefeninge. Skuts wat in die skoolspan opgeneem word, verteenwoordig die skool tydens gereelde kompetisies regoor Mpumalanga.

Skietspan

Argief

Middie-skuts se visier is in die kol

MHS se skietspan mik nie net hoog nie, maar ook in die kol. Die nuwe skuts wat vanjaar aangesluit het, moes vinnig leer hoe om te mik en akkuraat te skiet. Mnr. Jonathan Jones het het mooi gehelp om almal touwys te maak met hierdie opwindende sportsoort.

Die eerste sneller is getrek toe die skole bymekaar kom by HGH in Witbank vir die eerste kompetisie. Teikens moes vinnig opgeplak word, want ons het afgeskop met die 3P (lê-, staan- en kniel posisie).

Die tweede kompetisie was by HTS Middelburg. Die gasbottels was vol en die skote het geklap.

Met bewende visiere in die staanposisie is kompetisie drie aangepak. Nadat almal kalm geraak het, het die totale gewys dat meer as die helfte van die span nuwe persoonlike bestes opgestel het.

Met die laaste kompetisie op 4 Junie het 18 skuts deelgeneem en 7 het hulle beste ooit geskiet. Danico Botes was vierde en Gerrit Zietsman agtste by die streek in hulle ouderdomsgroep. Cheniqué Rheeder was sesde, Keenan Taljaard sewende, Stehard Botes elfde, Jandré Janse van Rensburg was ook elfde. Annabel Swart was negende.

Baie geluk mnr. Jones en al die Middie-skuts!