NWU - Pukke Prestige Super 16 Sportreeks FINAAL - Gholfuitslae

Senior en junior

Voor: (Juniors) JP van der Linde, Kyle van Rooyen, Evert Buurman, Arno Kruger. Agter: (Seniors) AJ Meyer, Chanelle Botha, Banele Mavuso, Johan van Niekierk.

MHS se gholfers oorheers die Pukreeks en stap weg met 'n algehele eerste plek! Individuele prestasies oor 18 gaatjies:  Chanelle Botha 77,  AJ Meyer 78,  Banele Mavuso 80,  Johan van Niekerk 83. Die juniors is Evert Buurman 88,  Arno Kruger 76,  JP van der Linde 79 en Kyle van Rooyen 92.

Die juniors was algeheel eerste met 'n allemintige 17 houe voorsprong voor hulle naaste teenstanders, die seniors is derde met een hou wat die tweede en derde derde plek skei.

Hou hierdie kinders dop, die potensiaal loop groot.