MHS - sportuitslae van die naweek
Rugby:
MHS o/15A seuns speel teen Nelspruit in die Makroskole Finaal en verloor naelskraap 12-10. Hulle is Makroskole naaswenners.
Dogtershokkie:
3 Mpumalanga Finale en 3 blink bekers op die rak! Baie geluk aan die o/14A's wat die trofee deel met Ermelo. o/15A en o/16A is onoorwonne in Mpumalanga.
o/14A: Wen HTS Witbank 1-0 in semi-finaal, speel gelykop 1 elk in finaal teen Ermelo.
o/15A: Wen Ligbron 1-0 in semi-finaal en wen Ermelo 2-1 in finaal. o/16A: Wen Ermelo 3-0 in semi-finaal en wen Secunda 1-0 in finaal.
Sewes Rugby: In die eerste sewes rugbytoernooi van 2015 speel ons eerste en tweede rugbyspanne in die finaal teen mekaar! Albei was onoorwonne in die Cambridge 7's Toernooi en moes in die finaal uitspeel, die 1ste span wen 33-0.