Lara se hande staan vir min verkeerd

devilliers Medium

Die klok het skaars vir pouse gelui, of Hoërskool Middelburg se Lara de Villiers stap by die bemarkingskantoordeur in. “Ag, ek was sommer in die omtrek by die wiskundeklas,” is haar nonchalante verduideliking toe haar betydswees geloof word.

Maar stiptelikheid is nie dié 16-jarige Middie se enigste deug nie. O nee, sy is ook die kaptein van die provinsie se o/16-dogtershokkiespan en ná die naweek se wedloop in Breyton, dra sy Mpumalanga se landloopkroon in haar ouderdomsgroep. O ja, haar naam staan ook eerste op haar graad se Top 10-lys.

Lara se hokkiestorie het reeds in graad een by Belfast Akademie begin, toe sy 35 van haar span se 38 doele geskiet het. Nou, nege jaar later, kan sy haar tasse vir ’n toer na Nederland pak, te danke aan ’n skittervertoning gedurende Middies se tyd by die Elsie Coetzer Hokkieskool in Bloemfontein.

Dit was juis dié Vrystaatse toer wat vir haar beste herinnering op die baan gesorg het, want dit was ’n toernooi waar alles hokkiegewys net in plek geval het.

Sy draf op middelskakel vir haar spanne uit en weens die hoë werkverrigting wat dié posisie vereis - veral omdat hulle moet aanval én verdedig, kan hulle tot ses kilometer per wedstryd hardloop - moet sy fiks wees.

“Ek oefen elke dag en probeer om ’n gesonde balans te handhaaf tussen kardiowerk en sessies om aan my hokkievaardighede te slyp.”

So van kardio-oefeninge gepraat, sy het eers vanjaar met landloop begin en om met haar eerste probeerslag as die provinsiale kampioen gekroon te word, is beslis nie te versmaai nie.

Sy sal egter weens haar Nederlandse hokkie-avontuur die naweek se SA Landloopkampioenskap in George misloop.

“Ek moet nog net my tasse vir Europa pak, maar die landloopgogga het beslis gebyt en ek gaan nou nóg harder oefen om volgende jaar weer vir die Mpumalangaspan te kwalifiseer. Die Augustuswinde het dit soms moeilik gemaak om buite in Belfast te oefen, wanneer ek tuis was, het ek 50 minute op trapmeul gehardloop.”

Dan lê daar nog twee proewesessies vir volgende jaar se eerste hokkiespan voor, maar MHS se hokkieringkoppe kan waarskynlik reeds Lara se naam in potlood (of dan nie pen nie) op die oefengroeplys neerskryf.
Ná skool wil sy medies gaan studeer met die doelwit om in ’n spesifieke veld te spesialiseer.

“Dinge sal egter gebeur net soos wat die Here mens lei.”

Atletiek, akademie, hokkie, landloop en moontlik eendag medies...Dié Lara het dalk meer talent as Angelina Jolie se Lara Croft in Tomb Raider.

• Haar gunstelingdoel was vir die o/12 Mpumalangaspan toe sy op een of ander manier (met een hand nogal) die bal in die doelhok gekry het. En dìt na die bal vir alle praktiese doeleindes byna buite die speelveld was.

Atletiek, akademie, hokkie, landloop en moontlik eendag medies...Dié Lara het dalk meer talent as Angelina Jolie se Lara Croft inTomb Raider.