middies sport

Tennis

Middies Tennis Logo Groen

Tennisspelers dien kishoue

Deur Janke Botes

Hierdie jaar het ons Super 16-tennisspan algeheel sewende geëindig in die reeks, en ons het drie spanne vir die seuns en dogters ingeskryf vir die liga. Ons derdespan dogters is die trotse wenners van die vierde liga en ons derde seunsspan is die naaswenners.
Marlize Aucamp verteenwoordig Mpumalanga in die  0/19-dogterstennisspan terwyl Bendré Janse van Nieuwenhuizen en Gia Henning opgeneem word in die 0/15  Wes–Mpumalangaspan.
Die tweedespan seuns en dogters het deelgeneem aan ‘n deurnag tennistoernooi in Lichtenburg gedurende Augustus. Hulle het pragtige spangees getoon deur aan te hou speel al was hulle doodmoeg en gedaan! Dit was goeie ondervinding vir die spelers en hulle deursettingsvermoë is tot die uiterste beproef.
Laastens het ons eerstespanspelers aan die ‘Inter Africa High School Tennis Tournament’ in Betlehem deelgeneem vanaf 6-9 September. Hier het hulle kragte gemeet met die beste spelers in die hele povinsie. Sewe-en-veertig spanne het aan die toernooi deelgeneem en spelers het somtyds tot 9 ure ononderbroke op die baan deurgebring. Die seuns eindig algeheel negende en die dogters agtste in die B- afdeling.
Dit is egter nie net die spelers wat presteer nie, maar ook hulle bekwame afrigter, Phathizwe Mabuza. Hy is nasionaal gekies om die afrigter te wees van die Suid-Afrikaanse 0/12-tennisspan wat na Italië getoer het en daar baie goed gevaar het in hulle wedstryde.
 Phathizwe sê die volgende oor tennis:
“Me coaching tennis is a gift. Its not only about the tennis balls, but it is about impacting the players and making them feel that they can play to their full potential. I motivate the players through my life story. I come from a disadvantage background but I have achieved so much because of my attitude and not giving up in life. All of us have a gift and no matter what we going through, we must use our gift daily to impact others. Tennis teaches us life skills, that we must not give up, work hard and our time will come. Everyone has got potential to be the best but attitude is everything. In future we growing the academy into multisports and we will have our own place with our own courts. You can play this game until your 90s and it can be played by everyone.”

Argief

Hoogtepunte van 2015

Derde Tennisspan vs Komati Medium

MHS se derde tennisspan - derde in Mpumalanga. Congratulations boys!
Ongeveer 50 van ons skool se leerlinge speel heel jaar tennis; ‘n voorlopige ranglys word vroeg in Januarie opgestel, en die spelers kry daarna nog geleentheid om hul plekke op die ranglys vir ‘n sekere tydperk te verbeter deur te daag; groepe oefen Maandae voor skool wat deelname aan nog ander aktiwiteite moontlik maak; Daar word ook Donderdae tussen 14.00 en 15.00 geoefen. Die skool se tennisspelers word tydens hierdie oefentye afgerig deur ons eie professionele afrigter- Keith Phatiswe Mabuza; Middelburg; neem op uitnodiging aan verskeie toernooie landswyd deel, o.a die NWU se PUK Prestige Super 16 sportreeks, Groot Vyf Toernooi en Sun City Toernooi; Middelburg se seuns- en dogterspanne is liga-naaswenners in 2014.

tennisspan