middies sport

Gholf

Middies Gholf Logo Groen

MHS beskik oor seuns- sowel as meisiesgholfspanne. Hulle neem deel aan NWU PUK Super 16, Mpumalanga Skole-Liga, Mpumalanga Foundations, verskeie gholfdae en uitnodigingstoernooie. Ons onderneem ook gholftoere om meer geleenthede te bied vir belangstellende en talentvolle gholfspelers.

Jaar van prestasies vir gholfers

Deur Evert Buurman

Gholf het in 2017 van krag tot krag gegaan en die Middies-gholfspan het die prestasies ingeryg.
Aan die begin van die seisoen het die juniorspan afgeskop (of is dit nou afgeslaan) deur die Pukke Super 16 te wen. Hierdie is die 3de agtereenvolgende jaar wat die juniors gewen het. Die spelers vir die juniorspan was Evert Buurman (Kaptein), Gerrie Nel en Zane Nel.
Volgende was ‘n baie suksesvolle toer wat plaasgevind het in die Junievakansie.   Die toer het begin by Sabie Gholfbaan waar daar oorgeslaap is by Shabaan vir drie aande. Daarna is by Kruger Park Lodge, Sabie River Bungalo, Malelane en Komatiepoort Gholfbaan gespeel. Die voltydse gholf afrigter, Juan van Greuning, het die toergroep vergesel en met afrigting gehelp. Hy is ook betrokke by afrigting die hele jaar by Middelburg Buiteklub. Die laaste drie dae het die groep by Marlothpark oornag en een dag was uitgesit vir ‘n besoek aan die Kruger Wildtuin. Daar het ‘n positiewe gees geheers en sal die toer ‘n instelling word vir komende jare.
Om die jaar af te sluit het Evert Buurman gekwalifiseer vir die Interprovinsiale Span van Mpumalanga wat die provinsie gaan verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Skole Toernooi in Rustenburg later in die jaar.  
Middies is beslis die plek om te wees as jy lief is vir gholf!

Argief

Gholfers op wenpad

Middies se gholfspan het weer eens puik presteer in die Puk Super 16-reeks. Die seniorspan het silwer verower en die juniorspan goud. Hulle was algeheel eerste. Nie net het die gholfspelers presteer binne skoolverband nie, maar ook op provinsiale vlak. Lovey Maelane en Evert Buurman het Mpumalanga Junior Gholf verteenwoordig op provinsiale vlak teen provinsies soos Gauteng-Noord, Gauteng-Sentraal, Noordwes en Ekhuruleni. Chanelle Botha was gekies om Mpumalanga te verteenwoordig in die provinsiale toernooi wat onlangs in Middelburg aangebied is.

Gholf spanfoto Medium
Voor: AJ Meyer, Chanelle Botha, Lovey Maelane. Agter: Evert Buurman, Migael Henning, JP van der Linde, Arno Kruger.

Hoogtepunte van 2015

Gholf B Span Medium

Goud vir Middies-gholf in die Pukke Super 16-reeks

Deur Evert Buurman

PUK Gholfspan

Voor: JP van der Linde, Evert Buurman, Arno Kruger en Kyle van Rooyen.
Agter: AJ Meyer, Chanelle Botha, Banele Mavuso en Johan van Niekerk.

“Rory McIlroy, oppas, hier kom die Middie-masjien!”

Die senior- en juniorgholfspelers van Middelburg Hoërskool is bekroon as algehele wenners van die Pukke Super 16-reeks. Die seniorspan eindig derde met 1 hou verskil. Die juniorspan verower die eerste plek met 17 houe.

Die finaal is gespeel by die Buitelug Klub van Potchefstroom. Die oggend het met ‘n effense byt in die lug begin, maar dit het nie die Middies gestuit om goeie gholf te speel nie. Van die eerste gaatjie het die syfers en voëltjies al begin sing! Die setperke het moeilik gespeel en die gholfspelers moes diep grawe om die sette te rol.

Dit is ‘n eerste vir Middies-gholf om as algehele wenners die kroon te dra en dit wys dat daar groot dinge op pad is vir dié jong spelers.

Houe aangeteken vir die dag:
Seniorspan: Chanelle Botha 77
AJ Meyer 78
Banele Mavuso 80
Johan van Niekerk 83
Juniorspan: Arno Kruger 76
JP van der Linde 79
Evert Buurman 88
Kyle van Rooyen 93