middies sport

Landloop

Middies Landloop Logo Groen

Langasems wen liga

Rissiepit landloop Medium

Kaitlyn Gonsalves behaal haar Mpumalangakleure in landloop.

Deur Keenan Taljaard

2018 se landloop-seisoen het afgesluit met ‘n briljante wen vir MHS. Na ‘n jaar se harde oefening en sweet het die resultate gewys dat harde werk beloon word. Die algehele ligawenners word bepaal uit drie ligas. Die 0/15-dogters behaal ‘n eerste plek en die 0/15-seuns kom tweede. Middies het ook die algehele meisiesafdeling gewen.
MHS se nommer een landloopatleet, Kaitlyn Gonsalves, het tweede gekom in Mpumalanga en is ingesluit in die ASA-span wat in September in Bloemfontein deel-geneem het aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe. Hier behaal sy ‘n 19de plek.