middies sport

Skaak

Middies Skaak Logo Groen

Game of chess

Deur Britney Brown

“Move in silence. Only speak when it is time to say ‘checkmate’!”
Did you know that playing a game of chess from a young age helps to improve strategies in problem-solving, promotes independent thinking and pro-activity in every decision one has to make.
Praise is something that miss Potgieter holds in high regard for her team. With achievements and failures the team has gained not just entertainment, but life affecting lessons. Chess is a sport that forces you to think on your feet about not only your next move, but also the opponent’s move. From playing against the best in the pool to treasuring matches against Westvalia, the team has proven that winning is an added bonus. It is never too late to start learning how to play chess.
Author Allan Rufus said “Life is like a game of chess. To win you have to make a move. Knowing which move to make comes with insight and knowledge, and by learning the lessons that are accumulated along the way. We become each and every piece within the game called life.”

Argief

Skaakspelers maak slim skuiwe

Middies se senior skaakspan het tweede geëindig in die NWU-prestige reeks. Ons is veral trots op ons juniorspan wat hulle opponente getroef het met ‘n skaakmat en eerste geëindig het in hierdie reeks. Beide spanne moet nog deelneem aan die provinsiale liga. Verlede jaar was die seniorspan Mpumalanga naaswenners en die juniorspan Mpumalangawenners wat in Desember aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe gaan deelneem het.

Skaak spanfoto Medium
Agter: Branden de Scande, Hendrik Rossouw, me. Hanlie Potgieter, Jan-Adriaan Naudé. Middel: Ronet Viljoen, Zander Putter, Shaun Combrinck. Voor: Etric Swart.

Middies se konings en koninginne maak ‘n skaakmat-skuif

skaakDeur Monique Viljoen

“Chess isn’t always about winning the game, sometimes it’s simply about learning something new after each and every match. And so is life.”

Met hierdie lewenswysheid in gedagte, het Middies se skaakspelers briljante skuiwe gemaak. Die junior- en seniorskaakspan het uitstekend gevaar in die NWU-Puk Super-16 reeks. Die juniorspan bestaan uit die volgende spelers: Jan-Adriaan Naudé, Greta Kurpershoek, Shaun Combrinck, Zander Putter, Leanie Viljoen en Branden de Scande. Hulle het vyf van die ses wedstryde wat hulle gespeel het gewen en sodoende ‘n tweede plek in die reeks behaal.

Die seniorspan se lede is: Hendrik Rossouw, Thulani Mtombeni, Ferdinand van Vuren, Ronet Viljoen, Gavin van Rooyen en JP van der Linde. Hulle het met baie Middieguts ‘n agtste plek behaal.

Karpov het die volgende oor skaak gesê: “Chess is everything: art, science and even sport.” Dit verklaar hoekom skaak so ‘n moeilike aktiwiteit is. Dit is ‘n wetenskap op sy eie, maar terselfdertyd moet jy kreatief kan dink en dan word dit ook geklassifiseer as ‘n sportsoort. Ons kyk beslis met nuwe oë na Middies se skaakspelers en besef dat “skaakmat” nie so eenvoudig is soos wat dit mag klink nie.

Middie-skaakspelers is bobaas as dit kom by hulle opponent uitoorlê.

Hiervan getuig die puik prestasie met die PUK Super 16 in 2014. Die juniorspan eindig eerste met goue medaljes en dring deur na die Mpumlanga finaal waar hulle bronsmedalje-wenners is.
Die seniorspan eindig vierde in die PUK Super 16 kompetisie.